Pearly Beach Basaar

Pearly Beach Basaar

Gansbaai Courant

“Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan terugkyk na ons NG Kerk basaar wat verlede Saterdag plaasgevind het,” sê Petrus du Preez, sameroeper van die basaar. “Die gees van welwillendheid wat daar geheers het, die vriendelikheid, Eddie Barnard se baie mooi musiek en sang, en dan bowe-al die pragtige weer wat ons Vader vir ons gegee het, was regtig die kersie op die koek.”

Pearly Beach gemeente het die pragtige bedrag van byna R74,000 ingesamel, met groot dankbaarheid teenoor almal wat hard gewerk het, asook die groot hoeveelheid besoekers wat die basaar ondersteun het. “Ek kan nie genoeg dankie sê aan almal wat so hard gewerk het, terwyl hulle bly glimlag het en ek kan nie eers name noem nie, maar net ‘n baie groot dankie aan almal sê.” Petrus meld graag die name van past Frikkie en Mariëtte Zeelie van Gansbaai AGS-gemeente, asook rdl Dudley Coetzee, wat nie eers lidmate is nie, maar bankvas agter die pannekoektafel gestaan het.

“Sowat 2,000 pannekoeke is gebak en ons is dankbaar dat ons oor kerkgrense heen kon saamwerk tot eer van ons Hemelse Vader om ‘n sukses van die basaar te kon maak,” het Petrus gesê. Hy sê die wenners van die verskillende pryse was soos volg: Skaap - Hannes Smuts van Grabouw; 3 kg wors - Riaan Kröger van Bellville; Braaipakhoender - Carine de Kock van Pearly Beach; Die swartwoudkoek - Madelein Nieuwoudt van Clanwilliam. “Baie geluk aan die wenners - geniet julle pryse!” Petrus sê dit was baie gepas dat dit die daaropvolgende Sondag Madelein se seuntjie se verjaardag was en die wenkoek het dus baie handig te pas gekom. “Ons sal nou reeds begin om 2015 (DV) se basaar te beplan,” sê Petrus.

Hardus Botha

“Hoeveel pannekoeke nóg?” - Rdl Dudley Coetzee (regs)

Pearly Beach Basaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Meet Pretty: A Green Entrepreneur in Pearly Beach

Meet Pretty: A Green Entrepreneur in Pearly Beach

Come along on a special trip with us and meet Pretty, a hardworking entrepreneur from Pearly Beach. 

Grootbos Foundation
Plant Learning, First Aid, and HIV Awareness

Plant Learning, First Aid, and HIV Awareness

Here's what's been happening with our students.

Grootbos Foundation
Earth Rangers: Coastal Cleanup Initiative

Earth Rangers: Coastal Cleanup Initiative

Our Sports for Good program, Earth Rangers, is all about protecting our coastal areas. 

Grootbos Foundation
4 Signs It's Time to Move

4 Signs It's Time to Move

Here are four signs that it might be time to make a move.

News Hut May 2024

News Hut May 2024

We're thrilled to share updates, news, and highlights from The Computer Hut, your local internet service provider.

The Computer Hut
Draft Budget Meeting May 2024

Draft Budget Meeting May 2024

Catch up on the latest discussions and decisions made at the recent meeting of the Pearly Beach Ratepayers' Association. 

See All Articles