Pearly Beach Basaar

Pearly Beach Basaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan terugkyk na ons NG Kerk basaar wat verlede Saterdag plaasgevind het,” sê Petrus du Preez, sameroeper van die basaar. “Die gees van welwillendheid wat daar geheers het, die vriendelikheid, Eddie Barnard se baie mooi musiek en sang, en dan bowe-al die pragtige weer wat ons Vader vir ons gegee het, was regtig die kersie op die koek.”

Pearly Beach gemeente het die pragtige bedrag van byna R74,000 ingesamel, met groot dankbaarheid teenoor almal wat hard gewerk het, asook die groot hoeveelheid besoekers wat die basaar ondersteun het. “Ek kan nie genoeg dankie sê aan almal wat so hard gewerk het, terwyl hulle bly glimlag het en ek kan nie eers name noem nie, maar net ‘n baie groot dankie aan almal sê.” Petrus meld graag die name van past Frikkie en Mariëtte Zeelie van Gansbaai AGS-gemeente, asook rdl Dudley Coetzee, wat nie eers lidmate is nie, maar bankvas agter die pannekoektafel gestaan het.

“Sowat 2,000 pannekoeke is gebak en ons is dankbaar dat ons oor kerkgrense heen kon saamwerk tot eer van ons Hemelse Vader om ‘n sukses van die basaar te kon maak,” het Petrus gesê. Hy sê die wenners van die verskillende pryse was soos volg: Skaap - Hannes Smuts van Grabouw; 3 kg wors - Riaan Kröger van Bellville; Braaipakhoender - Carine de Kock van Pearly Beach; Die swartwoudkoek - Madelein Nieuwoudt van Clanwilliam. “Baie geluk aan die wenners - geniet julle pryse!” Petrus sê dit was baie gepas dat dit die daaropvolgende Sondag Madelein se seuntjie se verjaardag was en die wenkoek het dus baie handig te pas gekom. “Ons sal nou reeds begin om 2015 (DV) se basaar te beplan,” sê Petrus.

Hardus Botha

“Hoeveel pannekoeke nóg?” - Rdl Dudley Coetzee (regs)

Pearly Beach Basaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles