Bejaardes was Stemopgewonde

Bejaardes was Stemopgewonde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bejaardes van Herberg-aan-See (HaS) was behoorlik “stemopgewonde” tydens die spesiale stem-geleentheid vroeër die week, kort voor verkiesingsdag op Maandag, 5 Mei 2014. Die ontspanningsaal in die Tehuis was volgepak en almal het ewe opgewonde gelyk om in die eetkamer te gaan stem, waar Francia van Dyk van die OVK en haar helpers en die polisie seker gemaak het die stemmery verloop binne wetlike voorskrifte. Bykans 40 geregistreerde stemgeregtigde inwoners van die Tehuis het hul stemme uitgebring, met die res van hulle wat op stemdag persoonlik sou gaan stem het.

Wilhelmina Hendrina Sadie (Winnie) Steenkamp (93) van HaS was die oudste geregistreerde kieser wat seker gemaak het haar stem gaan ‘n bydrae lewer. Sy is op 12 Oktober 1919 in Hopefield gebore, waar sy ook grootgeword het. Sy het haarself in ‘n verplegingsloopbaan gekwalifiseer en is vir die afgelope 4 jaar ‘n inwoner by HaS.

Hardus Botha

Foto 1: Winnie Steenkamp (93) was die oudste geregistreerde kieser in HaS wat haar stem tydens ‘n spesiale stemgeleentheid uitgebring het

Foto 2: Drie van die 40 geregistreerde kiesers in HaS wat opgewonde hul beurt om te stem afgewag het, met vlnr Christine Jordaan (87), Smittie van Rensburg (87) en Sylva van Zyl (91)

Bejaardes was Stemopgewonde

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles