Seestrome 2014 : Gesins- en Jeugbediening

Seestrome 2014 : Gesins- en Jeugbediening

NG Kerk Gansbaai

Kommissie Gesins- en jeugbediening : Gesinsdienste & Kategese

Die beginjare: In 1904 het dr. A.G. Viljoen in die Volksraad ‘n verslag gelewer waarin hy wou weet watter opvoedkundige fasiliteite vir die kinders van vissers van Gansbaai gelewer word. Voor 1920 was hier in Gansbaai geen amptelike skool nie en het die kinders na hartelus langs die see ge-speel. Hul was feitlik ongeletterd en kon slegs hul naam skryf. Mnr. Barnard het egter met sy koms na Gansbaai begin om meer gereeld kerkdienste in Gansbaai aan te bied en die kinders so te betrek. Sondagskool was Sondagmiddag om 3-uur by die skool.

Jeugbediening vandag :  Die Kommissie: Gesins- en Jeugbediening lê hul veral toe op hul roeping om die koninkryk van God deur ons gemeente-kinders uit te brei, gefokus daarop om ons kinders met meer kennis van die evangelie toe te rus en hulle aktief by die werksaamhede van die gemeente te betrek.

Gesinne: Aangesien die gesin in die eerste plek die kind se veilige hawe vir alle aspekte van sy grootword is, word eweneens groot klem geplaas op gesinsbetrokkenheid in al die kommissie se werksaamhede. Kinders of die jeug is immers die volwassenes van die volgende generasie, en wat die kerk betref die gemeente van môre.   As gevolg van hierdie kommissie se roeping (die uitbreiding van God se koninkryk) is ons verbind tot ‘n verantwoordelikheid teenoor die gemeente se gesinne, veral die kinders, m.b.t geestelike opvoeding

Kortliks word die werksaamhede van die Gesins- en Jeugkommissie, om dié doel te bereik, soos volg in bedieningsgroepe georganiseer:

♦  Eredienste en Kategeseonderrig: Die gesinsdienste in die Pretoriussaal leen hom daartoe dat ‘n meer gesins-/kindervriende-like omgewing geskep word waar selfs ouers met kleuters tuis voel. Gesinsdienste en kategese vind plaas op die Sondae soos op die kerkalmanak aangetoon. Ouers word aangemoedig en versoek om as verbondsouers hul kinders deel van die kategese en gesinsdienste te maak. Die Nagmaalgeleenthede in die Pretoriussaal word ook so aangebied dat dit vir die kinders verstaanbaar is.

♦  Toerusting: Die jeugkampe word veral aangebied met die oog op toerusting.

♦  Barmhartigheid en diensbaarheid: Jeugbetrokkenheid by diensbaarheid aan bejaardes, die omgewing en minderbevoorregtes geniet veral aandag.

♦  Baardskeerdersbos-kategese : Die kinders woon die eredienste en kategeseklasse by volgens die reëlings van B’Bos se steekskerkraad.

♦  Ontspanning:  Vrugtefeeste, jeugbasaar, kampe, jaareinduitstappies en ander aktiwiteite en fondsinsamelings word jaarliks beplan en vind onder leiding van ‘n leraar en die kategete plaas.

Volgehoue voorbidding word gevra: Kinders is en sal sekerlik vir altyd ons samelewing se kosbaarste besittings bly - daarom dank ons die gemeente vir hul voortgesette voorbidding en ondersteuning vir ons gemeente se gesinne, ouers en kinders.

(Nog fotos in fotogalery)

Seestrome 2014 : Gesins- en Jeugbediening

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles