Drankwet pro Sondae

Drankwet pro Sondae

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Voorheen "ongehoorde" situasie in die Overstrand, is nou amptelik gewettig. Kleinhandelaars in drankverkope kon reeds met ingang van 1 Januarie 2013 drank op Sondae en alle publieke vakansiedae vanaf 08:00 tot 20:00 verkoop. Handelsure in drank is voorheen deur die Wes-Kaapse Regering bepaal en beheer. Hierdie magte is nou na plaaslike owerhede gedeligeer.


Met die Overstrand Munisipaliteit se aanvaarding van die nuwe Drankhandelsure Munisipale Regulasie ("By-Law") kan drank nou op Sondae en openbare vakansiedae in die Overstrand verkoop word. In Gansbaai is Gansbaai Superspar se wynafdeling en Tops!atSpar in Gansbaai Gateway Sentrum reeds vanaf die eerste Sondag van 2013 (5 Januarie) vir drankverkope oop-gestel, met Gansbaai OK Foods wat ook hul tou-versperrings by die drankafdeling ver-wyder het. Alhoewel dit 'n "aanpassing" in hierdie omgewing is, is dit weer vir besoekers nog altyd eienaardig dat hulle nie drank op Sondae kon koop nie. In ander pro-vinsies is dit lankal reeds die "normale" en geen snaaksigheid meer nie. Navrae deur Gansbaai Courant by enkele bottelstore in die dorp, skets ietwat van 'n ander prentjie. Oor die algemeen wil dit voorkom asof hulle, met verwysing na bedryfsuitgawes, dit nie as lonend genoeg beskou om byvoorbeeld Sondae vir die volle dag oop te wees nie. Enkeles het gemeld dat hulle dit wel as dienslewering aan hulle kliënte beskou en moontlik die voormiddag sal oop wees, wat wel deur een bottelstoor bevestig is. 'n Ander een het laat blyk dat hy wel op aanvraag beskikbaar sal wees, aangesien sy kafee reg langs sy bottelstoor is. "Indien ek 'n navraag vir drankverkope kry, sal ek beslis gaan oopsluit terwille van dienslewering, maar ek beskou dit nie as lonend om die hele dag oop te wees nie," het hy gesê. Almal is dit egter eens dat oop bottelstore gedurende vakansietye wel lonend kan wees. 'n Skrywe deur die Wes-Kaapse Drankowerheid, gedateer 11 Januarie 2013, deur die Hoof Uitvoerende Beampte: Wes-Kaapse Drank Owerheid, Thys Giliomee, is aan alle Munisipale Bestuurders van plaaslike regerings gestuur. Daarin word die reg van munisipaliteite om verkoopsure van drank te bepaal beklemtoon en word die implementering van die nuwe munisipale regulasies ("By-Law") versoek. 

Hardus Botha

Drankwet pro Sondae

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Keep Your Garden Green This Summer

Keep Your Garden Green This Summer

When was the last time you really took a look at your garden? Is it looking a bit dry and thirsty?

Eco-Flo Irrigation
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

See All Articles