Fotografieklub konstitusioneel

Fotografieklub konstitusioneel

Gansbaai Courant

 Die nuutverkose Bestuur van Gansbaai Fotografieklub ná hul AJV, met voor vlnr Hardus Botha, Linda Kloppers, Christo Wessels en Veronica en Marc du Plessis. Agter vlnr is Clive en Jane Bailey, Riaan Jacobs en Lettie en Kobus van Staden.

"Ek beskou vanaand as 'n geskiedkundige gebeurtenis met Gansbaai Fotografieklub wat nou 'n gestruktureerde fotografieklub met 'n goedgekeurde Konstitusie is en wat sonder twyfel 'n eerste vir Gansbaai is," het Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub na afloop van die klub se eerste Algemene Jaarvergadering (AJV) op Maandag, 11 Februarie 2013, gesê.

Die AJV het vlot verloop en die belangrikste sake wat afgehandel is, was die goedkeuring van 'n Konstitusie en embleem, asook die verkiesing van Bestuurs- en Komiteelede. "Hierdie aksie was nodig ten einde erkenning, asook ander voordele te mag geniet. Dit doen egter geen afbreek aan die klub se gemaklike en sosiale wyse van samekomste nie. Die klub se deure bly steeds oop vir beginners en leergieriges in die wêreld van die amateur-fotograaf met mik-en-druk kamera's," het Christo gesê. Klublid Roelof Diener het as Verkiesingsbeampte opgetree en die volgende Bestuurslede is verkies: Christo Wessels (voorsitter), Linda Kloppers (sekretaresse), Veronica du Plessis (tesourier), Hardus Botha (media & skakelbeampte) en Marc du Plessis (Kompetisie & Aanbiedingsbeampte). Komiteelede wat ter versterking van die Bestuur verkies is, is Kobus en Lettie van Staden (sosiaal & publisiteit), Clive en Jane Bailey (beoordeling & opleiding) en Riaan Jacobs (projekkoördineerder en beplanner).

Tydens die voorafgaande Maandag se byeenkoms is die twee-weeklikse "huiswerk"-foto's besigtig en bespreek. Die tema was "Skaduwees en Weerkaatsing" en Clive en Jane Bailey was dit eens dat uitstaande foto's vir beoordeling vertoon is. Sinvolle en leersame kommentaar is deur hulle gelewer, insluitend nuttige wenke wat ter harte geneem is. Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Die volgende byeenkoms (nou as trotse en gekonstitueerde Gansbaai Fotografieklub) sal op Maandag, 18 Februarie 2013 plaasvind. 'n Uiters bekwame Johan Pretorius van Johan Pretorius Photography & DVD, wat sy besigheid vanuit Bloemfontein bedryf, tree as gasspreker op. Die tema van sy aanbieding is troufotografie en portretstudies. Vir navrae oor Gansbaai Fotografieklub kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha

Fotografieklub konstitusioneel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles