Coenie betower gehoor

Coenie betower gehoor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sowat 140 musiekliefhebbers het Saterdagaand ‘n baie geslaagde optrede deur Coenie de Villiers bygewoon.

Dit was in die gebou van die O.M.G.E.E.-gemeente en die grootte van die saal het ‘n intieme atmosfeer geskep. Die akoestiek was ook uitstekend en die vleuelklavier, wat deur Heuer van Stellenbosch verskaf is, het Coenie se vaardigheid as pianis ten beste na vore gebring. Dít tesame met sy pragtige lirieke en toeligting daarvan voor elke nommer het die aand nog meer besonders gemaak.

Coenie de Villiers (middel) saam met Deon en Linda Kloppers

Dit was voorwaar ‘n onvergeetlike aand en die organiseerder, Deon Kloppers, het sy dank teenoor die gemeenskap vir hul ondersteuning uitgespreek. Hy is in die projek bygestaan deur Petrus en Jean du Preez van die NG Kerk, Pearly Beach.              
Francois de Jongh

 

Coenie betower gehoor

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Botanical Watercolour Masterclass with Laura Silburn

Botanical Watercolour Masterclass with Laura Silburn

On this course, we will be choosing a subject from the fynbos surrounding us...

Grootbos Florilegium
Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Die jaarlikse induksie, of te wel Presidentsinhuldiging, van Gansbaai Lionsklub se nuwe Lionpresident...

Gans-Berg Nuus / News
Gans-Berg Newspaper - 20 June 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 20 June 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 20 June 2025 Edition.

Gans-Berg Nuus / News
Beginner Sewing Classes for Kids and Teens

Beginner Sewing Classes for Kids and Teens

Want to learn how to sew?

You're Invited to a Bridgerton Tea Party!

You're Invited to a Bridgerton Tea Party!

Join us for a lovely morning filled with charm, tea, and good company at Gansbaai Academia.

Gansbaai Academia
Take the First Step Toward a Better You

Take the First Step Toward a Better You

Looking to overcome personal or professional challenges?

See All Articles