Gesonde Deelname tydens Gesondheid-vergadering

Gesonde Deelname tydens Gesondheid-vergadering

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr Retha Skein, Dine van Zyl, SD Fourie, Christie Groenewald en haar kleindogter, Christelle - die tv-sterre van Boerekos uit die Overberg Sirkel.

Suster Dorethea Jacobs, plaaslike klinieksuster, het ‘n insiggewende verslag gelewer oor die diens wat die kliniek aan die plaaslike gemeenskap lewer.  Oor die afgelope twintig jaar het gesondheid merkbaar afgeneem en siektes toegeneem.  Die kliniek het ongeveer 10 000 pasiënte op lêer wat deur vier opgeleide susters hanteer word. Tuberkulose en HIV is twee van die grootste probleme. Een vrywilliger help om die kroniese medisyne te verpak. ‘n Tandarts besoek elke tweede week die kliniek en sien ongeveer 40 tot 60 pasiënte.  

Armoede is ‘n wesenlike probleem en Francette Cillié-Malan, sameroeper van Gesondheid, het met die hulp van VLV-lede die probleem aangespreek en 110 truitjies en 100 mussies gebrei en tydens die vergadering aan Suster Jacobs oorhandig.  Die grootste gedeelte van die breiwerk is deur Francette gedoen.  Daar is ook gebreide speelgoed en klere  aan die kliniek oorhandig. 

Die lede neem tans geesdriftig deel aan kompetisies en tydens dié vergadering was daar  37 inskrywings vir die verskillende kompetisies.  Die geesdrif is tydens die onlangse VLV konferensie op Villiersdorp beloon met die Sarie Human Trofee vir Kookkuns, die Consul Trofee vir die meeste punte in preservering,  Moskonfyt Trofee vir die mees uitstaande artikel in kookkuns en die Gansbaai Trofee vir die derde meeste punte. Die Moskonfyt Trofee is gewen deur Esmé van Dewenter vir haar klappertert.

Dine van Zyl, bekroonde skrywer van Die Groot Boerekosboek, het tydens die konferensie ‘n eretoekenning ontvang vir haar bydrae om wyer erkenning te kry vir die Overbergse en Strandveldse koskultuur deur dit te bewaar en uit te bou.  Die toekenning is namens die Vroue Landbouvereniging van Kaapland en veral Sirkel Overberg deur SD Fourie aan haar oorhandig. “Toe Dine van Zyl genader is om ‘n tv-reeks oor Boerekos te maak, het sy sekuur geweet waar om die deelnemers en inligting te soek, naamlik die VLV van die Overberg Sirkel,” was SD se woorde tydens die oorhandiging.

Sr. Dorethea Jacobs en Francette Cillié-Malan tydens die oorhandiging van die speelgoed en truitjies

Gesonde Deelname tydens Gesondheid-vergadering

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles