Gesonde Deelname tydens Gesondheid-vergadering

Gesonde Deelname tydens Gesondheid-vergadering

Gansbaai Courant

Vlnr Retha Skein, Dine van Zyl, SD Fourie, Christie Groenewald en haar kleindogter, Christelle - die tv-sterre van Boerekos uit die Overberg Sirkel.

Suster Dorethea Jacobs, plaaslike klinieksuster, het ‘n insiggewende verslag gelewer oor die diens wat die kliniek aan die plaaslike gemeenskap lewer.  Oor die afgelope twintig jaar het gesondheid merkbaar afgeneem en siektes toegeneem.  Die kliniek het ongeveer 10 000 pasiënte op lêer wat deur vier opgeleide susters hanteer word. Tuberkulose en HIV is twee van die grootste probleme. Een vrywilliger help om die kroniese medisyne te verpak. ‘n Tandarts besoek elke tweede week die kliniek en sien ongeveer 40 tot 60 pasiënte.  

Armoede is ‘n wesenlike probleem en Francette Cillié-Malan, sameroeper van Gesondheid, het met die hulp van VLV-lede die probleem aangespreek en 110 truitjies en 100 mussies gebrei en tydens die vergadering aan Suster Jacobs oorhandig.  Die grootste gedeelte van die breiwerk is deur Francette gedoen.  Daar is ook gebreide speelgoed en klere  aan die kliniek oorhandig. 

Die lede neem tans geesdriftig deel aan kompetisies en tydens dié vergadering was daar  37 inskrywings vir die verskillende kompetisies.  Die geesdrif is tydens die onlangse VLV konferensie op Villiersdorp beloon met die Sarie Human Trofee vir Kookkuns, die Consul Trofee vir die meeste punte in preservering,  Moskonfyt Trofee vir die mees uitstaande artikel in kookkuns en die Gansbaai Trofee vir die derde meeste punte. Die Moskonfyt Trofee is gewen deur Esmé van Dewenter vir haar klappertert.

Dine van Zyl, bekroonde skrywer van Die Groot Boerekosboek, het tydens die konferensie ‘n eretoekenning ontvang vir haar bydrae om wyer erkenning te kry vir die Overbergse en Strandveldse koskultuur deur dit te bewaar en uit te bou.  Die toekenning is namens die Vroue Landbouvereniging van Kaapland en veral Sirkel Overberg deur SD Fourie aan haar oorhandig. “Toe Dine van Zyl genader is om ‘n tv-reeks oor Boerekos te maak, het sy sekuur geweet waar om die deelnemers en inligting te soek, naamlik die VLV van die Overberg Sirkel,” was SD se woorde tydens die oorhandiging.

Sr. Dorethea Jacobs en Francette Cillié-Malan tydens die oorhandiging van die speelgoed en truitjies

Gesonde Deelname tydens Gesondheid-vergadering

Xplorio

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles