Skemerstap bly Wenner

Skemerstap bly Wenner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groot groep deelnemers aan die Skemerstap - hier nog fiks en vars voor die "wegspring"

"Vanjaar se Skemerstap ten bate van Gansbaai Nasorgsentrum langs Herberg-aan-See het weer eens suksesvol afgeloop en die gewildheid daarvan is net weer bevestig," vertel Francia van Dyk van Gansbaai Goue Hande. "Op 19 Maart het ons toe die ongelooflikste goeie weer beleef en al wandelende het ons die wonderlike skepping beleef en die Here daarvoor gedank." Die wandeltog het weer by die Kleinbaai sleephelling begin, waar deelnemers met 'n glasie sjampanje verras is terwyl hulle ingeskryf het. Daarna is daar kuslangs met die gruispaadjie, oor 'n stukkie kuspaadjie en verby Rooikransies gestap. "Dalena Wessels het vir heerlike koel water gesorg en net ná die klipperige kuspaadjie om Rooikransies, is die stappers met heerlike yskoue suigstokkies deur die Ramsauers bederf. Heerlik!" sê Francia. Sy sê dis ook daar waar Marina Esterhuizen met haar rolstoel soos gewoonlik by die groep aangesluit het. Die volgende waterpunt is deur Elbie van Brakel behartig, "maar die stappers was so gretig om die nuwe Franskraalwandelpad ten volle te geniet, dat hulle haar skoon misgestap het." Daarna was dit net die laaste stukkie tot by Strandveld Museum waar Helmie en Amanda de Vries met hul helpers as gashere opgetree het. Hierdie groot taak om 172 deelnemers se dors te les en 'n ietsie in die maag te laat kry, het hulle met groot gemak hanteer en almal is tevrede daar weg.


Dapper-en-Stapper ten bate van Herberg-aan-See vanaf Kleinbaai sleephelling na Strandveld Museum in Franskraal

'n Smaaklike worsrol, ‘n turksvy en koue drinkgoedjies, waarvoor Helmie natuurlik verantwoordelik was, was net die regte medisyne vir kort- en langasems. Francia hou graag die volgende opregte bedankings voor: Almal vir hul wonderlike hulpvaardigheid; Gansbaai Superspar wat soos gewoonlik deel van die heuglike aand was; Helmie en Amanda de vries en hulle helpers; Die Ramsauers, Dalena Wessels; Die ambulans wat verniet heen en weer gery het omdat niemand wou inklim nie; Wilfred Chivell van Marine Dynamics en Charmaine Beukes van White Shark Projects vir die bussies wat beskikbaar gestel is; Moos en Philip Geldenhuys wat die bussies bestuur het; Die skinkers en skenkers van die sjampanje by Kleinbaai sleephelling; Gansbaai Courant vir voorafdekking van die stap, asook foto's en beriggewing daarna; Anita Botha vir haar stap-organisering. "Nogmaal dankie aan almal wat saamgestap het. Dalk maak ons weer so! Maak net volgende keer seker dat julle jul name vroegtydig op die lys plaas sodat die nodige reëlings getref kan word. Verdere bedankings is te veel om op te noem, maar ons wil almal wat dit nie kon meemaak nie, darem ‘n bietjie jaloers maak met al die bedankings en vertellings van 'n genotvolle Skemerstap," sê Francia.

Suster Linda Meyer van Gansbaai Nasorgsentrum en Herberg-aan-See, kon nie wag om alle betrokkenes van haar kant af te bedank nie.

"Baie dankie aan Francia van Dyk en al haar helpers, asook al die deelnemers wat hierdie kosbare projek ondersteun het. Fondse bly 'n voortdurende tekort by die Nasorgsentrum, maar ek is ook dankbaar dat ek duidelik kon sien hoe al die deelnemers die staptog terdeë geniet het," het Linda gesê.  

Hardus Botha

Skemerstap bly Wenner

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Keep Your Garden Green This Summer

Keep Your Garden Green This Summer

When was the last time you really took a look at your garden? Is it looking a bit dry and thirsty?

Eco-Flo Irrigation
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

See All Articles