Olimpiade vir Seniors

Olimpiade vir Seniors

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hier is die groep Seniors (diè sonder blaasprobleme) besig om balonne op te blaas

Nou nie in die ware sin van die woord nie, maar Gansbaai Seniorklub het tydens hulle onlangse byeenkoms aan etlike "minder bekende" Olimpiese items in die konferensiesaal van Gansbaai Toerisme deelgeneem. Hettie Esterhuyse het die speletjiedag vir die lede gereël en dit is terdeë en met luide gelag geniet. Dis nou nie vir polisie-oë bedoel nie, maar daar is vertroulik verneem dat hulle elkeen 'n pakkie woemapille (steroïedes) gekry het om hulle vir die Spele gereed te kry. Gelukkig blyk dit toe later dat dit "pienkpille-tjies" (ouderlingpilletjies) was wat uitgedeel is, anders was Gansbaai se polisieselle Vrydagaand vol seniors! "Net die van julle sonder blaasprobleme kan aan die volgende item deelneem," het Hettie gesê. Nadat die gegiggel en verstomming bedaar het, het sy komkommerkoel gesê dis vir die opblaas van balonne. Daarna het spies- en werpskyfgooi (met papierborde) gevolg. Enkele ander items was teiken gooi na bottels, bal vang op eienaardige maniere, verspoeg (sjoe!), ingewikkelde balbalansering, bars van balonne en veel meer. Daarna is 'n boontjiesakkie tussen die bene vasgeknyp om in 'n houer te laat val, wat nogal 'n petalje was om te aanskou. Ook hier het Hettie se humor vooraf ingeskop toe sy sê: "Hierdie item is net bedoel vir diegene wat nog nie knypprobleme ondervind nie!" Dan moes hulle ook "marshmallows" in die mond prop terwyl hulle nog moes praat en glimlag. Die sykous om die lyf vasgebind, met 'n harde voorwerp in die voetgedeelte, was nogal iets om te aanskou. Wydsbeen, met die swaaiende sykous wat tussen die bene hang, moes hulle koeldrankbottels omstamp. Daardie seniors sal nooit weer dieselfde wees nie. Gansbaai Seniorklub vergader elke tweede Vrydag van elke maand om 10:00 in Gansbaai Inligtingsentrum se konferensiesaal. Iemand het op ‘n keer gesê: “Senior Citizens are valuable and we are more valuable than any of the younger generations: They have silver in their hair; They have gold their teeth; They have stones in their kidneys; They have lead in their feet; They are loaded with natural gas!”

Belangstellendes in Gansbaai Seniorklub, mans en dames, kan vir Angela Caie by 084-431-9272 skakel.

Hardus Botha 

Olimpiade vir Seniors

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Keep Your Garden Green This Summer

Keep Your Garden Green This Summer

When was the last time you really took a look at your garden? Is it looking a bit dry and thirsty?

Eco-Flo Irrigation
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

See All Articles