Ook Ceres het die Baai verlaat met vyf ligapunte verlede Saterdag in ‘n Premierligawedstryd tussen die twee spanne.
Die eindtelling was 14-37 teen Black Leaves nadat Ceres reeds met rustyd 34-14 voorgteloop het. Met die wind taamlik in Ceres se guns het hulle die Baai behoorlik gepeper met lang kantlynskoppe en vasgepen in hul eie area.
Ceres het gou munt geslaan uit hul groter agttal en Gansbaai daardeur in trurat gehou. Dit was veral in hierdie fasset waar Ceres die Baaienaars laat bontstaan het, en die gate het oopgegaan vir die eerste doel vir Ceres (0-7). Toe Ceres sien hoe vroeg en maklik hulle deur Black Leaves se verdediging kom het hulle dominerend opgetree.
Met al die gebiedsvoordeel het Ceres die bal behoorlik laat werk en al ses sy drieë in die eerste helfte gedruk. Black Leaves het egter tot die bitter einde geveg en is wel beloon met twee doele deur flank, Brendan Viegeland, en losskakel, Jamery Carelse, 1 elk, wat albei deur Jamery verdoel is. O, Ja, die telling moes dalk nie so groot gewees het nie, kleiner. Gee iemand dan die skuld daarvoor en noem die naam sommer verbroude kanse, in die eerste helfte.
In die tweede helfte was die Baai ‘n ander span maar die besoekers het hul verdedigingsstrukture gehou en die Baai kon net nie deurbreek nie. Ceres behaal die enigste en laaste drie punte in die tweede helfte. Ten spyte van die eindtelling was die tweede helfte ‘n fassinerende stryd tot die einde toe.
Vir Black Leaves van Gansbaai en sy stoere ondersteuners hoef dit nie die einde van die wêreld te wees nie. Maar hierdie twee dragte slae behoort nou dissipline en konserwateit tot gevolg hê om met ondernemende spel na vore te kom. Black Leaves daag nog nie op met ‘n gevestigde karaktervolle vyftiental wat op almal se lippe is soos vroeër nie.
Met ‘n loslooitjie komende Saterdag (27 April) en daarna weg-wedstryde teen Villiersdorp, Worcester en Wellington, wat nie maklik sal wees nie, moet die kritici nou verkeerd bewys word sodat Black Leaves se volgende tuiswedstryd (18 Mei) teen Hawston ‘n groot trekpleister sal wees vir die dorp.
Die uwe wil graag die gedragskode vir toeskouers, ‘n aanhangsel uit Effektiewe Klubbestuur, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Rugby Voetbal Unie, voorhou.
• Gee erkenning aan goeie spel of prestasie.
• Respekteer die skeidsregter se optredes.
• Wees altyd positief in jou raad, aanmoediging en ondersteuning.
• Respekteer die spel en betoon goeie sportmanskap. Onthou, jy is ook besig om die sport te bemark.
• Moedig spelers aan om by die reëls te hou. Moedig goeie sportmanskap aan.
• Ontmoedig enige vorm van ontoelaatbare spel.
• Toon goeie sosiale aanvaarbare gedrag deur te let op jou taalgebruik.
• Respekteer die regte van ander mense en behandel hulle soos jy graag behandel wil word.
• Respekteer die fasiliteite en toerusting wat voorsien word.
• Moet nie net ‘n toeskouer wees nie, maar word deel van die klub se ontwikkeling en visie.
Die fokus sal ook van hier af meermaals op Black Leaves se derde en tweede span geplaas wees vir dekking in die Gansbaai Courant.
So sê Bra “G”
Black Leaves steier teen Ceres
25 April 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor
Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor
1 Day to Christmas!
And the craziness is slowly descending...
2 Days to Christmas: Self-Love
Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.
Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team
The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.
Refresh Your Home Décor This Season
Ready to refresh your home this season?
Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai
At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.










