Beligting essensieel

Beligting essensieel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Links is prof Hennie Rudman van die Universiteit van Stellenbosch tydens sy aanbieding van "Beligting" (Exposure) saam met Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub

Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms op Saterdag, 18 Mei is deur 'n interessante en leersame aanbieding oor beligting (exposure) gekenmerk. Die aanbieding is op 'n praktiese wyse deur prof Hennie Rudman van die Universiteit van Stellenbosch aangebied. "Met my 3-jaar ambag in fotografie in die Lugmag, asook my 20 jaar dienstydperk by hulle, ingesluit die laaste 5 jaar waartydens ek by opleiding betrokke was, was ek verplig om letterlik die A tot Z van fotografie, kameras en foto-ontwikkeling te bemeester," het Hennie gesê.

Hy het die Lugmag reeds sowat 15 jaar gelede verlaat en is tans by die Universiteit van Stellenbosch in 'n private hoedanigheid, wat navorsing insluit, betrokke. Hennie het gemeld dat sy aanbieding oor beligting in die algemeen is, aangesien die verstellings van kamera tot kamera wissel. "Die drie belangrikste komponente wat die beligting van 'n foto bepaal, is die 'aperture setting', 'shutter speed setting' en die 'ISO setting'. Komposissie en beligting is baie belangrik vir 'n goeie foto." Hy het 'n fotograaf met sy kamera met 'n kunstenaar met sy verf en kwas vergelyk - "met 'n vorm van kuns in altwee gevalle as eindproduk."

Daar is basiese reëls wat aangeleer moet word, maar omstandighede terwyl die foto's geneem word, kan meebring dat sommige van die reëls wel gebreek kan word, solank die fotograaf net weet waarom dit nodig was om dit te breek en wat daartoe aanleiding gegee het. Klublede doen gereeld tydens aanbiedinge soos hierdie kosbare kennis op wat nuttig gebruik kan word. Dan het Hugh-Daniel Grobler se foto in Die Burger weer eens onder die eerste 5 topfoto's geëindig. Vandag (Donderdag, 23 Mei 2013) is die laaste dag om vir sy foto te stem.

Sms buite s4 aan 33844 (R1.50/sms) vandag nog. Navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 gerig word, of aan Linda Kloppers by 082-550-7313.

Hardus Botha 

Beligting essensieel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles