Warm hande vir HaS

Warm hande vir HaS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Deel van die HaS-ontvangers van warm handskoene van die Bietoubossers, met voor vlnr Ans Odendaal, Christina Jordaan, Trynie Fick, Sophie Andrews en Beatrix Swanepoel. Agter vlnr staan Suster Linda Meyer, Carina de Waal, Elizma de Lange en Leonie Botha.

Warm hande vir Herberg-aan-See (HaS) se inwoners is dit inderdaad. Die bedrywige dames van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders loods jaarliks 'n welsynsprojek (of omgeeprojek) ten bate van een of ander instansie.

"Vanjaar is besluit dat die  inwoners van HaS 'n bietjie bederf moet word," vertel Elzma de Lange van die klub. "Ons het aan die koue wintermaande, gepaardgaande met koue hande vir die inwoners van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, gedink en op die brei van vingerlose handskoene besluit." Vier maande later kon 41 paar handskoene op Donderdag, 23 Mei aan die inwoners oorhandig word.

Carina de Waal, Elizma de Lange en Leonie Botha het die Bietoubossers met die oorhandiging van die handskoene verteenwoordig.

Suster Linda Meyer, Bestuurder: HaS het die handskoene in ontvangs geneem en haar opregte waardering vir die mooi gebaar uitgespreek. "Bydraes soos hierdie is altyd welkom," het sy gesê. "Ons het altyd rede vir groot dankbaarheid, soos ook met ons gordyne-projek wat geloods is," vertel Linda. Sy sê die reaksie was oorweldigend en hulle kan met dankbaarheid sê dat hulle nou voldoende gordyne het. "Die enigste 'probleem' is dat die gordyne oor die algemeen baie groot is en dus verwerk sal moet word voor ons dit sal kan gebruik." Vir hierdie verwerking om die gordyne in twee te sny en gereed te kry vir ophang, sal naaldwerkstershulp hoog op prys gestel word. Die personeel sal nie saam met hulle daaglikse werk ekstra hande daarvoor kan afstaan nie.

Indien daar handige naaldwerksters is wat vir so 'n taak kans sien, kan hulle gerus vir Suster Linda by 028-384-2109 skakel.                                              
 
Hardus Botha

Die Bietoubossers se gesellige Moedersdagkuiertjie, met gedekte tafels op unieke maniere, voorlesings wat aan moeders opgedra is en "moeder-staaltjies" wat vertel is. 

Warm hande vir HaS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles