Die Raad het beginselgoedkeuring verleen dat drie klinieke wat op munisipale grond staan aan die Department van Openbare Werke geskenk word. Die betrokke klinieke is op Gansbaai (erf 3904 van 6000 m2), Hawston (erf 2203 van 1351 m2) en Kleinmond (erf 7699 van 927 m2). Kennis is geneem dat die betrokke eiendomme nie vir die lewering van basiese munisipale dienste benodig word nie en in die geval van Gansbaai moet ‘n aansoek binne drie maande ingedien word vir die hersonering van die perseel anders val dit terug na die Munisipaliteit. Dié stap word gedoen kragtens ‘n ooreenkoms wat tussen die Wes-Kaapse Regering en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie (SALGA) bereik is dat primêre gesondheidsorgdienste van munisipaliteite na die Provinsie oorgedra word. Inbegrepe by dié ooreenkoms was die verstandhouding dat bates en laste ook oorgeneem word en dat vaste eiendom sonder enige koste aan die Departement van Vervoer en Openbare Werke oorgedra word. Dit het nou nodig geword om die oordrag te doen omdat die Departement van Gesondheid beoog om die betrokke klinieke op te gradeer en uit te brei.
Op Gansbaai word daar beoog om met die samewerking van die Desmond Tutu TB Sentrum ‘n volhoubare primêre gesondheidsorgfasiliteit van R11 miljoen te ontwikkel wat as ‘n nuwe model vir hierdie tipe diens in Suid-Afrika sal dien. In dié geval sal die eiendom van owerheidsgebruik na institusionele gebruik gehersoneer word. Die totale waarde van die eiendomme beloop volgens ‘n onafhanklike waardeerder R1,725 miljoen. Alle koste met betrekking tot die transaksies, bv opmetings, advertensies, waardasies, hersonering, ens. sal deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke gedra word. Volgens die verslag sal die transaksie groot gemeenskapswaarde inhou, onder meer die heffing van belastings en dienstegelde op die eiendomme, die werksgeleenthede wat met die opgraderingsprojekte geskep gaan word en die verbetering van lewensgehalte en algemene gesondheid.
Fanie Krige
Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie
30 May 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor
Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor
1 Day to Christmas!
And the craziness is slowly descending...
2 Days to Christmas: Self-Love
Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.
Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team
The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.
Refresh Your Home Décor This Season
Ready to refresh your home this season?
Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai
At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.










