Die Grootwithaai is in gevaar

Die Grootwithaai is in gevaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Suider-Afrika is bekend as die  gasheer vir die grootste bevolking Grootwithaaie in die wêreld. Dit gesê, hierdie klem is gelê sonder dat daar enige standvastige studie onderneem was om dit te ondersteun, en die aanvanklike skatting van  ‘n  globale populasie van tussen 3000 en 5000 individue was maar los gegrond op  ‘n  baie wankelrige studie in die jare 90’s.

Uit die globale populasieberaming is daar beweer dat die Gansbaai area ten minste 2000 Grootwithaaie akkommodeer, wat hier deur beweeg gedurende hulle oseaan wandelinge.
Die Dyer Eiland Bewarings Trust en Marine Dynamics, albei besighede onder eienaarskap van mnr Wilfred Chivell, ondersteun Grootwithaai studies deur geregistreerde studente van die Universiteite van Kaapstad en Pretoria.
Een van die hierdie studies was onderneem om  ‘n  meer duidelike beraming, van die huidige ope bevolking van Grootwithaaie in die Overstrand area, vas te lê.

Ongeveer 20 000 foto’s van Grootwithaaivinne is tussen 2007 en 2011 vanaf Marine Dynamics se haai besigtigings boot, Slashfin, en die Dyer Eiland Bewarings Trust navorsings vaartuig, Lwazi, geneem. Hierdie foto’s is sorgvuldig geanaliseer deur  ‘n  rekenaarprogram, genaamd Darwin, wat elke individuele haai se vin  gemeet het en so ongeveer 532 haaie positief geïdentifiseer het. Daarna is die data  deur  ‘n  merkprogram verwerk, waarna  ‘n  ekstrapolasie gemaak is wat bevind het dat die totale hoeveelheid individuele haaie wat ons waters besoek in die omgewing van 808 tot 1008 lê. Vyftig persent minder as wat aanvanklik vermoed is.
Hierdie is die eerste studie van die aard wat  ‘n  akkurate bevolkingsberaming van die spesie op n streeks gebied maak.
Die impak van die studie word oor die hele wereld gevoel, en dit gryp die aandag van wetenskaplikes en hopelik die regerings aan van lande waar die spesie nie beskerm word nie.  Die grootste bedreiging wat hierdie spesie in die gesig staar is die onbekende, ons kennis van die spesie is maar skraal, veral nie waar hulle rondswerf nie, en dit is  ‘n  groot bekommernis aangesien hulle nie orals beskerm word nie.

Suid-Afrika is die eerste land wat in 1991 die Grootwithaai as beskermd gelys het.  Ongelukkig is twee van die haai wat deel van die studie uitgemaak het is aan die Suider-Afrika kuslyn dood in die laaste jaar. Een is deur vissermanne in Mosambiek gevang, waar die haai onbeskermd deel uitmaak van hulle voedselketting. Die ander Grootwithaai is onbeskaamd aan ons eie kuslyn in KZN in n dromlyn gevang.
Vir enige verdere navrae kan die Dyer Eiland Bewarings Trust gekontak word by pffice@dict.org.za. Besoek ook ons webwerf by www.dict.org.za om te deel in ons ander studies en so  ‘n  aanvoelbare bydrae te maak tot bewaring van mariene lewe in die Overstrand area.

Alouise Lynch, Operations Manager DICT

Die Grootwithaai is in gevaar

Alouise Lynch

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles