SA Vertaler in Engeland

SA Vertaler in Engeland

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n  Suid-Afrikaner met Britse burgerskap in Engeland, Jan Moodie (regs), is druk besig met die vertaling van  ‘n  hengelboek in Afrikaans. Jan besit steeds eiendom in Hermanus en Kaapstad en sê dat hy goeie herinneringe van Gansbaai en die lekker vakansietye het wat hy hier deurgebring het. Hy is tans besig met die vertaling van  ‘n  Engelse boek in wording vir MapStudio in Kaapstad wat handel oor hengelplekke in en om Suid-Afrika. “Die voorlopige Engelse titel is ‘Born to Fish’, met  ‘n  moontlike sub-titel van ‘Angling Destinations in Southern Africa’, maar soos dit gewoonlik met die skryf van boeke gaan, word die titel eers gefinaliseer wanneer die boek klaar geskryf is,” sê hy. Jan sê hy het Gansbaai Courant via die internet “ontmoet”. Aangesien die vertaling van heelparty hengelterme vir hom  ‘n  kopseer is, het hy  ‘n  e-pos aan Gansbaai Courant gestuur met die versoek of hengelaars hom met sekere hengelterme behulpsaam kan wees.

Albert Potgieter van De Kelders (links) het homself bereid verklaar en moes binne die bestek van  ‘n  week of wat aan die vertaling van bykans 100 Engelse hengelwoorde werk, met versoeke van bepaalde terme wat gereeld hierheen gestuur word. Die boek begin met  ‘n  inleidende hoofstuk, waarna dit fokus op streke soos Namibië, Weskus, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Suid-KwaZulu-Natal, Noord-KwaZulu-Natal, Mosambiek en die Binneland. Dan word dit met  ‘n  hoofstuk oor Suid-Afrikaanse visspesies en -uitkennings afgesluit. Jan het  ‘n  lang beroepsgeskiedenis in Suid-Afrika as joernalis van verskeie koerante, asook vertaler vir etlike Uitgewers en die destydse SAUK-TV. Hy en sy eggenote het intussen na Engeland verhuis en het aan die begin van die jaar Engelse burgerskap ontvang. “Ek geniet dit om navorsing oor sy Engelse hengelterme te doen en om hom behulpsaam daarmee te wees,” vertel Albert.                                    

Hardus  Botha

SA Vertaler in Engeland

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles