Helpende Hand ondersteuners brei handtoffels om bejaardes te ondersteun

Helpende Hand ondersteuners brei handtoffels om bejaardes te ondersteun

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Solidariteit Helpende Hand-ondersteuners het die organisasie oorval om pakkies wol vir handtoffels aan te koop.

Met die Handtoffel-projek word die gemeenskap aangemoedig om pakkies wol by Helpende Hand aan te koop en dit dan aan bejaardes te skenk, sodat hulle handtoffels kan brei. Hierdeur word die bejaarde kreatief besig gehou en by die gemeenskap betrek deur weer 'n bydrae te lewer.

Ondersteuners het ook self aan die brei gespring. Linda van Heerden brei al vir jare lank in die aand terwyl sy televisie kyk en sy het Helpende Hand genader om die gebreide truie, serpe en handskoene te skenk. Sy het ook onmiddellik aangebied om handtoffels te brei met die bolle wol wat sy oor die jare versamel het. 

“Handtoffels is 'n pantoffel vir jou hand,” sê Michelle Burger, die projekorganiseerder. “Ons het dié nuutskepping ook by die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal (WAT) geborg.

“In die pakkies wat ons verkoop is 'n bol wol, breipenne en die patroon vir die handtoffel. Enige bejaarde kan dan twee pare handtoffels daarmee brei, wat dan weer aan behoeftige kinders versprei sal word.”

Die pakkies word teen R25 elk verkoop en die wins daaruit sal vir die Helpende Hand Bejaardefonds aangewend word. Die fonds is gestig met die doel om bejaarde-organisasies by te staan met hulle behoeftes.

'n Verdere doel van die Handtoffel-projek is om die vaardigheid van brei weer aan 'n uwe geslag oor te dra. Bejaardes wat aan die Handtoffel-projek deelneem, word aangemoedig om jonger mense te leer om te brei.

Helpende Hand verwelkom steeds enige skenkings van gebreide produkte van die gemeenskap.

“Helpende Hand werk in die gemeenskap om armoede te voorkom, te verbreek en te verlig,” sê Burger. “In die geval van weerlose bejaardes kan armoede – fisies en emosioneel – steeds verlig word.”

Enige breiers kan foto’s van hulleself met handtoffels aan vir Helpende Hand stuur om op die Facebook-blad by www.facebook.com/helpendehand.co.za gepubliseer te word.

Enige persone wat belangstel om by die projek betrokke te raak of pakkies wol te bestel, kan die projekorganiseerder, Michelle Burger, by 012 644 4390 skakel of ʼn e-pos stuur aan michelleb@helpendehand.co.za. 

SMS die woord “OMGEE” aan 38969 en skenk so R10 aan die Helpende Hand Bejaardefonds.

Juanita du Preez, Mediaskakelbeampte

Helpende Hand ondersteuners brei handtoffels om bejaardes te ondersteun

Juanita du Preez Mediaskakelbeampte

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles