Suid-Afrika se grootste en mees gevestigde wyninstansie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging (SANWSV), het ‘n nuwe inisiatief aangekondig wat daarop gemik is om die kuns en belangrikheid van goeie gehalte wynjoernalistiek te versterk. Die nuwe Jong Wynskrywers Kompetisie is oop vir wynskrywers tussen 18 en 35 jaar. Om in aanmerking te kom vir die eerste prys van R15 000 of tweede prys van R7 500, word skrywers genooi om ‘n artikel of blog pos in te stuur. “Media en die tegnologie wat met die skep en verspreiding daarvan gepaard gaan, ontwikkel deurlopend. Die wynbedryf moet in pas bly met die tempo om te verseker dat ons aan die behoeftes van ons lesers en verbruikers voldoen,” sê Charles Hopkins, SANWSV voorsitter. “Hetsy ons wyn maak, verkoop, bemark of daaroor skryf, behoort ons een gemeenskaplike doelwit te hê: om lesers en verbruikers aan te spoor om goeie wyn te geniet, die plekke waarvandaan dit kom te besoek en geïnspireer te word deur die gees van kreatiwiteit.”
Die kompetisie moedig ‘n nuwe generasie skrywers aan om hulle kennis en begrip van wyn, die bedryf en spesifiek hul wynskryfvaardighede te verskerp om verantwoordelike wynverbruik aan te moedig en om die dialoog in en oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf lewendig en relevant te hou.
Belangstellendes moet ‘n 800 woorde artikel in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike landstale oor een van die volgende onderwerpe instuur
- die rol van wyn in die alledaagse lewe, OF
- beskryf die verskil tussen wyn vir pure drinkgenot en wyne wat sekere tipes cuisine komplementeer
‘n Blog pos van 300 woorde oor die mees uitsonderlike wyn wat die skrywer nog ooit geproe het, moet ook die inskrywing vergesel.
Inskrywings sal deur ‘n paneel ervare en erkende Suid-Afrikaanse wynskrywers beoordeel word.Geen persone wat voltyds as wynskrywers werk, kan inskryf nie. Inskrywings moet vergesel word van ‘n kort CV met spesifieke besonderhede oor vorige ervaring/aktwitieite as wynskrywer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 September 2013 en die wenners sal op 30 Oktober aangekondig word.
Verdere besonderhede is beskikbaar by die Veritas kantoor admin@veritas.co.za of tel 021 863 1599.
Beroep Op Alle Jong Wynskrywers
25 July 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor
Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor
1 Day to Christmas!
And the craziness is slowly descending...
2 Days to Christmas: Self-Love
Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.
Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team
The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.
Refresh Your Home Décor This Season
Ready to refresh your home this season?
Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai
At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.










