Patsy groet Laslappies

Patsy groet Laslappies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groep Laslappieslede tydens Patsy Vertue-Beukes se afskeid, met haar ondersteunende stigterslede voor vlnr saam met haar Margareth Pearce, Dixie Walsh, Gerda Wessels, Patsy Vertue-Beukes (ook inlas), Anna Hill en Sonia Rodgers

Patsy Vertue-Beukes (83) het op Donderdag, 25 Julie 2013 die Nuwe Hoop Laslapklas (Laslappiesklas), waarvan sy die stigter en leier was, asook Gansbaai, finaal gegroet. Die gereelde byeenkoms van die klub is aangepas om afskeid van Patsy te neem. Die tafels is netjies deur Petro Scholtz versier en was volgepak met heerlike verversings. Madri Bruwer van Straatwerk, dogter van Marina Bruwer van Laslappies, het die dames oor “Jou Pelgrimstog deur die Lewe” toegespreek, nadat sy ook vir samesang-begeleiding met haar “backpackers”-kitaar gesorg het. Patsy verlaat Gansbaai na sowat 20 jaar, “en ek het heerlik hier gewoon, met wonderlike vriendskapsbande wat oor jare heen gesmee is.” Sy het ‘n wooneenheid in ‘n nuwe aftree-oord in Durbanville, Rusgenot, saam met haar dogter, Gail Vertue, gekoop en verhuis teen die middel van Augustus daarheen waar sy op haar eie gaan woon. Patsy het 2 seuns, 2 dogters en 7 kleinkinders: Cherry Theunissen, getroud met Tom Theunissen van Nuwe Hoop Bedieninge in Gansbaai, Larry Vertue, getroud met Leonore, Clive Vertue, getroud met Sandra en Gail Vertue, ongetroud. “Ek het, na aanleiding van ‘n erediens-boodskap, gevoel ek is gelei om die klub in 1998 te stig.” Haar ondersteunende vriendinne tydens dié proses was Margareth Pearce, Dixie Walsh, Gerda Wessels, Anna Hill en Sonia Rodgers. Die klub het intussen gegroei en bestaan tans uit sowat 30 dames. Hulle hoofdoel tydens weeklikse byeenkomste is aangename samesyn, met die klem op onderlinge bemoediging van mekaar. Die groep vergader elke Donderdagoggend om 09:30 in die kerkgebou van Lede in Christus.

Vir navrae kan Marina Bruwer by 084-589-7514 geskakel word. “Baie dankie aan al my vriendinne, spesiaal dan dié van Laslappies vir jare se vrienskapsbande, liefde en ondersteuning wat my lewe in Gansbaai so wonderlik gemaak het,” was Patsy se afskeidswoorde.

Hardus Botha

Patsy groet Laslappies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles