Hengeloplewing

Hengeloplewing

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bemanning van Nu-Nu wat baie goed gevaar het, met vlnr Phillip Fourie, Johan Burmeister en Gawie Krugel

Die Birkenheaders se maandelikse boothengelkompetisie kon weer plaasvind, met die weer en seetoestande wat vir ‘n slag saamgespeel het. Veral mooi snoeke is ingetrek. Net 3 bote het ingeskryf en ingeweeg, met 'n totale aantal bemanningslede van 10. Nege verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 87 met 'n totale massa van 120.2kg, wat ‘n gemiddeld van 12.02kg per hengelaar beteken het.

Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Johan Burmeister (Snoek - 4.50kg); 2de Swaarste vis, Jean Downing (Snoek - 4.10kg);

Swaarste sak, Johan Burmeister (32.45kg); 2de Swaarste sak, Gawie Krugel (30.4kg);

Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (29.22kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (5.23kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (7.05kg).

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (84.40kg); Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (41.01kg); Relêks 2 van Jean Downing (39.85kg);

Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (86.70kg); Piet van Zyl (41.15kg); Gawie Krugel (66.25kg).

Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (44.75kg); Dixie Walsh (29.95kg).

Dan het Jean Downing gesorg vir ‘n nuwe klubrekord met sy makriel van 1.55kg.

Die aandfunksie, met 'n bykans vol klubsaal, het baie gesellig verloop, met smaaklike Potjiekos soos wat net Kobus du Toit dit kan maak. Piet van Zyl het namens voorsitter Raymond Rabe, wat met verlof was, agter die Musiekfabriek ingeskuif en homself goed van sy taak gekwyt. Die geselligheid, met hengelprestasies vergete, het tot laataand geduur.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha
 

Hengeloplewing

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles