Rubberbootvaart ten bate van CHOC

Rubberbootvaart  ten bate van CHOC

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jan Koekemoer en sy seun, Rynhardt

Die jaarlikse rubberbootvaart vanaf Paarl tot Velddrif oor ‘n afstand van 246km het plaasgevind vanaf Woensdag 24 Julie 2013 en ten einde geloop Saterdag 27 Julie 2013. Die doel van die vaart is om fondse te vorder vir die Kinderkanker stigting van Suid Afrika [CHOC]. Hierdie stigting ontvang geen hulp van die staat nie en het ten doel om kinders en hul ouers by te staan wat met die gevreesde siekte gediagnoseer is. Die werkilkheid is dat indien 'n kind met kanker gediagnoseer word moet behandeling gewoontlik in die groot sentra plaasvind wat geweldige finasiële las op die gesin plaas. Nie net moet duur mediese kostes betaal word nie maar ouers moet gewoontlik verlof neem om by ‘n kind se siekbed te waak. Transportkoste na die hospitaal, verblyf en ander kostes maak dit in baie gevalle onmoontlik om behoorlik na so 'n siek kind om te sien.  

Die Kankerstigting van Suid Afrika het by al die groot sentra huise waar ouers en familie kan oornag terwyl hulle kind behandeling ontvang. Nie net word verblyf aangebied nie, maar families word ook finansieel versorg. Soms is dit selfs nodig om geld te voorsien vir opvolgbehandeling wat benodig word. Party gesinne het eenvoudig nie die geld om van die hospitaal terug huis toe te gaan nie. Die administrasie van die fondse word deur die Kinderkankerstigting self hanteer. Die deelnemers is almal sakelui van die Wes Kaap wat hulle tyd en bote beskikbaar stel vir die vaart. Langs die pad word veilings gehou en word staatgemaak op weldoeners om die broodnodige fondse te vorder. Twee anker borge, te wete Radio Tygerberg en die Sunset Villa’s groep borg verblyf en vervoer vir die 20 deelnemers.

Pastoor Doktor Ettienne Marais is self n deelnemer en hy het dan ook 'n diens gelei in die NG Kerk Laaiplek op Sondag wat direk uitgesaai is op Radio Tygerberg. Die deurkollekte is ook geskenk vir CHOC. ‘n Allemintige R356 000.00 is die jaar ingesamel. Volgens die organiseerder, mnr Attie Loubsher, is die span tevrede en sal daar met die fondse ‘n dramatise verskil gemaak kan word om die lewe van jong kankerleiers te vergemaklik. Oor die tydperk van 23 jaar wat die projek onderneem word is al meer as R3 miljoen gevorder.

Twee plaaslike inwoners, mnr Jan Koekemoer en sy seun Rynhardt is ook deel van die projekspan. Koekemoer senior is reeds vir 18 jaar betrokke by die projek maar Rynhardt het eers verlede jaar die eerste keer die moordende tog meegemaak.

Volgens Koekemoer is die tyd op die rivier bemoeiend met baie koue omstandighede en ‘n ongenaakbare rivier. Dit is nietemin ‘n klein opoffering aangesien baie mense se lewens verbeter word met die projek. 

Rubberbootvaart  ten bate van CHOC

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles