Blog

Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

Gans-Berg Nuus / News

Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

-Edith Kennedy en Tinkie Testa-

“Indien Gansbaai Brandweer nie so vinnig gereageer het nie, sou die huis in geheel afgebrand het,” vertel Edith Kennedy van Gansbaai. “Hulle het daarin geslaag om die brand te blus voordat dit vanaf die studeerkamer en kombuis na die res van die huis versprei het.” Edith en haar vriendin, Tinkie Testa woon alleen in die huis en was duidelik erg getraumatiseer en geskok oor die helfte van die huis wat aan die binnekant verwoes is.

Image 1
Edith Kennedy (links) en Tinkie Testa in hulle verwoeste kombuis.
Image 2
Tinkie Testa, Edith Kennedy en Raadsdame Riana de Coning.

Hierdie traumatiese gebeure het homself Dinsdagnag, 6 Julie 2022 in Mullerstraat 12 om ±23:00 afgespeel. ‘n Kers, wat tydens beurtkrag bo-op ‘n boekrak gestaan het, het omgeval - die studeerkamer was binne ‘n ommesientjie in vlamme gehul. Edith kon net-net daarin slaag om haar skootrekenaar te gryp en na buite te hardloop. Die vlamme het binne sekondes deur die oop deur na die kombuis versprei. In hierdie twee vertrekke is letterlik alles tot as verbrand. Kombuistoerusting soos ‘n yskas, mikrogolf, stoof, kaste, kruideniersware en dies meer, is vernietig.

Die studeerkamer is ‘n diep-hartseersaak vir altwee die dames. Hulle onderskeie beroepe is alles op aanlynwerk gebaseer. WiFi-kabels, jare se kosbare en onvervangbare boeke, lêers, dokumentasie, CD’s met inligting, ‘honderde’ foto’s met sentimentele waarde, skilderverf en -doeke (canvas), die drukker - te veel om hier te noem is verbrand. Selfs die pleister aan die mure in die studeerkamer, het afgeval.

Edith is ‘n lektor wat aanlyn-klasse aanbied. Sy skryf ook Curriculum vitae’s en modules vir besigheidskole, asook boeke. Sy is ook lief vir kook en al haar kookboeke is daarmee heen, selfs dié van haar twee oumas wat onvervangbaar is. Met verwysing na haar oorsese reise na sowat 19 lande, met foto’s en inligting wat sy versamel het, asook haar volledige stamregister wat daarmee heen is, kon Edith nie meer haar trane tydens die onderhoud met Gans-Berg Nuus keer nie - dit het vryelik gevloei. Die verliese wat gelei is, kan nooit weer vervang word nie. Een ligpuntjie vir haar is dat haar agt (8) katte steeds veilig by haar is. “Hulle is almal ‘rescue’ katte en vir my is hulle soos my kinders,” vertel sy. 

Tinkie is onder andere ‘n kunstenaar, met van haar skilderye, verf en ander toerusting wat nou tot niet is. “Ek skryf ook boeke, maar baie van my nuutste inligting is verlore,” vertel sy. Sy het sedert die begin van die jaar by Edith kom woon. Edith woon al sowat 2½ jaar in haar pa se huis wat aanvanklik die gesin se vakansiehuis was.

“Dankie is ‘n klein woordjie, maar ons sê só baie dankie aan Morné en Carina Pietersen, Secma, Raadsdame Riana de Coning, Kat Myburgh van Gansbaai Munisipaliteit, bure en belangstellendes wat almal kom hulp aanbied het,” sê Edith. “Maar veral ‘n groot en spesiale dankie aan Gansbaai Brandweer se personeel wat so vinnig op die toneel was.” Sy sê hulle het nie net uitstekende werk verrig het nie, maar ook met simpatie teenoor hulle opgetree.

Raadsdame de Coning het reeds begin met die moontlikheid van hulp aan Edith en Tinkie. Indien daar belangstellendes is wat graag iets vir hulle wil doen, kan hulle vir Edith Kennedy by ??? ??? ???? of vir Tinkie Testa by 066 089 5795 skakel.

 
Hardus Botha
Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Sibongeleni CJ Mzimba has been part of the canoeing programme for 9 years.

Grootbos Foundation
You Don't Have to Keep Living This Way

You Don't Have to Keep Living This Way

Perhaps, over the past week, you have recognised yourself in these posts.

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

One of the greatest misconceptions about self-worth is that it only affects how we feel about ourselves.

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choosing the right paint is about more than colour, it's about durability, performance and long-lasting results.

When Anger Is Not the Problem

When Anger Is Not the Problem

Most people who struggle with anger are not naturally angry people.

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

It's the winter school holiday and Grootbos Foundation's coaches have changed gear to offer a daily holiday programme at Spaces4Sport. 

Grootbos Foundation
See All Articles