Dit gaan lekker

Dit gaan lekker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Links staan Rochelle Lawson met die uitsonderlike banksteenbras, dan pa Lanny, ma Annemarie en dan dogter Rouxjeanne, wat almal help vis vashou.

Laas week was die weer wisselvallig, maar teen Vrydag het die wind so gaan lê dat die manne die snoek by Dassiegat kon gaan vang en dit het heel goed gegaan en groot snoeke is aan boord gebring. Meeste van hierdie vis was, verbasend genoeg, in goeie kondisie en die ouens wat geweet het hoe om te maak, het nie probleme gehad om te maai onder hulle nie. Met die skoonmaak kon jy agterkom dat die snoek se pense sommer goed gevul was en dis moontlik die rede waarom hulle so skelm en traag gebyt het. Saterdag was weer ‘n baie mooi dag met die wind wat die oggend so half koud in jou nek geblaas het. Later het die windjie gaan lê en was dit nie ‘n mooi dag op see nie!

Donderdag en Vrydag het die bote aan die Kleinbaaikant ‘n paar mooi geelbekke uitgebring en heelwat makriel is ook gevang. Die vis het egter diep gelê en die wat dit nie so ver in wou waag nie, het net gehoor van hierdie visse. ‘n Uitsonderlike vangs was gewees ‘n banksteenbras (hy lyk soos ‘n witsteenbras maar is swarterig) en is later deur ‘n buitestander as sulks uitgeken. Net duskant die Haaibank is mooi vangste silwervis en roman gemaak.

‘n Waarskuwing aan boothengelaars  --  pas op vir die penhaai. Daar is in die laaste tyd nogal baie van hulle gevang. Die haai wat baie soos die vaalhaai lyk word dadelik uitgeken aan die uitsonderlike helderblou oë. Die gevaar bestaan in die baie skerp penne wat so half agter die vinne versteek is en indien versigtigheid nie aan die dag gelê word nie is daar groot probleme. Let asb. op. Baie groete, Seemeeu

Die voorlaaste paar vertalings:
Live bait plugs, 17 cm floating baits - lewende aasproppe, en 17cm-dryfaas,
Elf can be caught on spinners, but pilchards with a red float and bite trace give excellent results - elf kan met lepels gevang word maar sardyn met ‘n rooi dobber aan ‘n aaslyn lewer uitstekende resultate,
Tackle - gerei,
Tracer line - stroplyn,
Surface baits - oppervlakase.

Dit gaan lekker

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles