Blog

Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Gans-Berg Nuus / News

Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Spreekwoordelike vreugdesvure het gedurende die naweek van 13-14 Augustus 2022 gebrand - Pikkie Louw (orrelis) kon weer agter die NG-gemeente se kerkorrel inskuif en die kerk met luisterryke orrelklanke vul.

Die herstel van die orrel is voorafgegaan met baie beplanning en finansiële keuses wat gemaak moes word - iewers moes R100 000+ vandaan gekry word. Verskeie opsies is oorweeg, maar die oorgrote stemme het by die herstel van die orrel ‘vasgesteek’. Die koorlede, onder leiding van Aletta Löchner, het saamgestaan, verskeie bedieningsaksies, gemeentelede, die gemeenskap van Groter Gansbaai en selfs vanaf elders, het almal betrokke geraak en, siedaar, Sondag, 14 Augustus 2022 is die orrel ‘ingewy’ - binne die bestek van letterlik enkele dae is meer as die herstelkoste van R100 000+ ingesamel - knapgedaan, knapgedaan!

Met Aletta Löchner en haar eggenoot, Hennie se puik organisering en harde werk saam met almal wat behulpsaam was, is die enorme bedrag slegs met drie pogings ingesamel: ‘n lootjielys, ‘n prestige aandete in die Pretoriussaal en ‘n veiling na die ete, asook skenkings en donasies.

Die uitstekende ete het uit ses soorte potjies bestaan: skaap, wildsvleis, beesstert, afval, hoender en kerrie-maalvleis, met ‘n keuse tussen kaboemielies of rys en ‘n lekker agterna-soetigheid. Jannie Botha het as die gladde-mond-afslaer homself uitstekend van sy taak gekwyt - praat van vinnig praat, mens! Duursame en pragtige skenkings is ontvang wat opgeveil kon word. Die wenner van die lootjielys was Annette le Roux - twee aande vir ‘n gesin by Goedereede Gastehuis buite Robertson. 

Wat die ete-geleentheid besonders gemaak het, was Danie Niehaus se gratis optrede - dié gewilde Afrikaanse sanger mag maar sing, dis nie altemit nie. Niemand kan kla oor die aantal liedere wat hy gesing het nie - gratis en verniet! “Ai-man, dankie Danie, lekker gewees!” Hy is ook gevra om by die lootjietrekking onder leiding van Hugo Carstens, betrokke te wees. Spesiale bedankings: Danie Niehaus, potjiekosse, skenkers, donateurs, harde werkers en baie meer - sonder ‘n ieder en ‘n elk sou hierdie projek nie met groot sukses afgesluit kon word nie.

Sondag, 14 Augustus 2022 het die ‘Groot Dag’ aangebreek. Pikkie Louw was weer ‘tuis’ agter die orrel in plaas van die klavier. Ds Hanri Joubert het die diens in ‘n volgepakte kerkgebou gelei, met Psalm 145 as teksgedeelte. Die kerkkoor, onder leiding van Aletta Löchner en Pikkie met orrelbegeleiding, het vir pragtige koorsang, asook vir gemeentesang gesorg. Laerskool Gansbaai se Senior en Junior kore onder leiding en begeleiding van Carla du Toit en Asanti Smit, het pragtig tot die oggend se verrigting bygedra - met spontane applous wat hulle ontvang het.

Pikkie! Pikkie! Jou afsluitingsuitvoering op die kerkorrel het met die louere weggestap, jy mág maar en ons waardeer jou Godgegewe talente: Mozart: ‘Alleluia’ from ‘Exsultate, jubilate’.

 
Hardus Botha
Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Sibongeleni CJ Mzimba has been part of the canoeing programme for 9 years.

Grootbos Foundation
You Don't Have to Keep Living This Way

You Don't Have to Keep Living This Way

Perhaps, over the past week, you have recognised yourself in these posts.

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

One of the greatest misconceptions about self-worth is that it only affects how we feel about ourselves.

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choosing the right paint is about more than colour, it's about durability, performance and long-lasting results.

When Anger Is Not the Problem

When Anger Is Not the Problem

Most people who struggle with anger are not naturally angry people.

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

It's the winter school holiday and Grootbos Foundation's coaches have changed gear to offer a daily holiday programme at Spaces4Sport. 

Grootbos Foundation
See All Articles