Blog

VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

Gans-Berg Nuus / News

VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

Verteenwoordigers van die VGK-gemeente se Vrouebediening het op 21 Julie 2022 die voorreg geniet om ‘n seminaar, ‘Leef die lewe in Volkleur’ (Live Life in full Colour) by te woon. Die seminaar is in die Endlersaal in die Universiteit van Stellelbosch se Konservatorium aangebied. Die byeenkoms is deur Lynette Beer, 'n motiveringspreker en gedragspesialis, gelei.

Die geleentheid het ten doel gehad om ‘n saadjie te plant oor die waarde wat samekomste van vroue het om wysheid met mekaar te deel. Vroue het onder andere geleer om persoonlikhede beter te verstaan, asook insig oor verskillende temperamente. “Kennis van verskillende persoonlikheids-vaardighede sal vroue in die werkplek beter bemagtig,” het Lynette gesê. “Dit sal ‘n vierkleur-temperamentmodel skep en persoonlikhede volgens vier kleure klassifiseer, wat die ‘gewilde geel, kragtige rooi, vreedsame groen en perfekte blou is’. “In ‘n werksomgewing moet mense hul en ander se temperamente ken om behoorlike verhoudings te kan vestig,” het sy gesê.

“Positiewe veranderinge in Suid-Afrika kan aangehelp word deur mense te leer hoe om hul selfvertroue te ontwikkel,” het Lynette gesê. “Wanneer mense weet wie hulle is en wat hul waarde is, sal hulle weet wat hulle individueel tot die gemeenskap kan bydra.” Een van die ander gassprekers het gesê: “Om te weet wie ons as individue is, en wie ander is, help ons om te erken hoe ons met ander kan saamwerk en die leiding kan neem.” 

 
Hardus Botha
 
VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Gansbaai & Stanford Entrepreneurs Gear Up for Seed Funding

Gansbaai & Stanford Entrepreneurs Gear Up for Seed Funding

31 participants wrapped up the Stanford entrepreneurship workshop and are now pitching for mentorship and seed funding.

Grootbos Foundation
This Week in Conservation Highlights

This Week in Conservation Highlights

This week: PhD charcoal research, a blue-phase Boomslang, and a camouflaged Koggelmander.

Grootbos Foundation
Refuse Removal Over Public Holidays

Refuse Removal Over Public Holidays

Easter Refuse Collection. Normal Schedule, Possible Delays

See All Articles