Blog

‘Die Reis’ - SD Fourie se Nuwe Roman

‘Die Reis’ - SD Fourie se Nuwe Roman

Gans-Berg Nuus / News

‘Die Reis’ - SD Fourie se Nuwe Roman

Die nuwe roman van SD Fourie, geliefde skrywer van onder andere Die Lanternswaaier, Die dooies leef, en Noorman, verskyn binnekort by Protea Boekhuis. Loop saam met haar terug op toegewaaide spore...

Mariza, ’n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat ’n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, ’n jaar later, haar Jack Russell, wat 16 jaar haar metgesel was. Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op ’n reis na die Kgalagadi: sy om haar woorde terug te kry, en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind.

Die twee besef hul verlede het ’n komplekse verweefdheid met mekaar. Mariza en Joubert verskil soms, is ’n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar weet die verlede bepaal soms jou toekoms. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed...

 
Diep spore getrap

SD Fourie het al diep spore in die wêreld van skrywers getrap. Sy woon by die see (Franskraal), het ses kinders, van wie drie aangetroud is, en vyf kleinkinders. Sy sê hulle hou nie van die skrywer nie, want sy steel hul ma en ouma!

SD het reeds drie romans, verskeie suksesvolle dramas en kortverhale geskryf. Die lanternswaaier (2011; in 2014 in Nederland uitgegee) en Die dooies leef (2014) is albei oor RSG voorgelees en albei intussen deur Protea Boekhuis heruitgegee. Noorman is in 2019 deur Penguin uitgegee. Sy is medeskrywer en titelhouer van die bundel hoorbeeld Droomskip en ander radiodramas (2009, Nasou Via Afrika) gerig op die opvoedkundige mark. Die wisselende seisoene, omgewing en lewende karakters is haar passie en vind neerslag in haar skryfwerk.

Radiodramas en hoorbeelde is SD se geliefkoosde genre waarvoor sy al verskeie pryse ontvang het. Sy was ook dramaturg van ‘n hele paar bekroonde Laerskool produksies. Sy is ook ‘n ywerige skrywer van rubrieke, kortverhale, kontreikuns, reisverhale en baie meer. Om volledig oor ‘uit die pen van SD’ te skryf, sal sonder twyfel ‘n boek verg en nie ‘n koerantberig nie - as befaamde skrywer is SD Fourie ‘n trotse aanwins vir ons omgewing - dankie, SD! 

 
Hardus Botha
‘Die Reis’ - SD Fourie se Nuwe Roman

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles