Blog

Gansbaai Leeskring 2001-2019

Gansbaai Leeskring 2001-2019

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Leeskring 2001-2019

SD Fourie, befaamde skrywer van Franskraal, het so bietjie navorsing oor Gansbaai Leeskring gedoen. Sonder die COVID-tydperk sou hulle vanjaar die Leeskring se 21ste bestaansjaar gevier het.

“Gansbaai Leeskring is gedurende 2001 gestig en die stigters was Karen Franken en Letta Groenewald,” skryf SD. “Die eerste spreker was Mavis de Villiers en haar onderwerp van bespreking was, ‘Hoe om ʼn boek te bespreek’.” SD sê dit was die inleiding tot menige gesellige, maar insiggewende leeservarings. Daardie eerste jaar was vanaf To kill a mockingbird van Harper Lee tot by Ek stamel, ek sterwe van Eben Venter op die leeslys.

Lede het dikwels ingespring en self groot skrywers soos Winterbach, Van Heerden en Van Niekerk se boeke nagevors en hulle uitstekend van hul taak gekwyt met die besprekings daarvan. “Ander kere was die Leeskring bevoorreg om skrywers soos EKM Dido, Koos Kombuis en Annelie Botes persoonlik te ontmoet en na hulle te luister,” vertel sy. “Daar was meer, maar die genoemdes is maar ʼn paar van baie ter illustrasie.”

SD sê die voorsitters het min oor die jare verander. Die paar, sover sy kon vasstel, was Letta Groenewald, Karen Franken, Emily Stofberg, Annetjie Visagie en Annemarie du Plessis. Daar was tye wat hulle selfs die voorsitterstoel gedeel het, maar dat hulle passievol was, blyk uit die leeslyste oor die jare en die planmatige vergaderings.

Gedurende Covid-19 het die Leeskring, soos baie ander instansies en organisasies, noodgedwonge gestaak (sonder toi-toi) en kon net nooit weer behoorlik aan die gang kom nie. “ʼn Mens sou dink dat die afsondering leeslus sou aanwakker. Dit was wel die geval, maar die behoefte om saam te lees en in diepte te bespreek, het gekwyn.” Vea Tredoux het die lede wel op hulle tone gehou deur haar eie Vea-google, maar sonder haar teenwoordigheid was dit net nie dieselfde nie!

Tydens ʼn onlangse vergadering saam met Annemarie du Plessis en Trienke Laurie, is daar besluit om weer ʼn daadwerklike poging aan te wend om die Leeskring te laat herleef, maar nou moet daar weer van nuuts af begin word - met nuwe lede wat weer met nuwe idees voor ʼn dag kan kom. “Moontlik ʼn ligter aanslag of dalk ernstig? Hoe sal ons weet indien ons nie vra nie?,” sê SD.

Belangstellendes in lees en die bespreking van boeke, kan gerus vir Trienke Laurie by 071 233 3337 kontak.

 
Hardus Botha
Gansbaai Leeskring 2001-2019

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles