Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › Community
Blog

Op die spoor van ‘n bekende en uitstaande skrywer: Barend Vos

Op die spoor van ‘n bekende en uitstaande skrywer: Barend Vos

Gans-Berg Nuus / News

Op die spoor van ‘n bekende en uitstaande skrywer: Barend Vos van Pearly Beach

‘n Uitstaande skrywer, ‘n teksversorger, ‘n afgetrede predikant. Dit is wie Barend Vos is wat aan die einde van 2018 so stil-stil, saam met sy eggenote Retha, permanent na Pearly Beach verhuis het. Die egpaar woon in hul vakansiehuis wat hulle sedert 1987 besit. “Ons en ons kinders het bykans alle vakansies hier deurgebring,” vertel Barend. “Nou het ons vakansiehuisie ons aftreehuisie geword.”

 
Op Barend se skryfspoor

As skrywer van sowat 25 boeke sedert sy eerste boek in 1998 verskyn het, kan hy sekerlik as ‘n gewilde skrywer beskou word - en hy woon in Pearly Beach, sommer hier in ons midde. Tans is hy veral bekend as skrywer van die bekende Uit die Beek, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek wat elke jaar vir die afgelope byna 100 jaar gepubliseer word. “Die 2018-uitgawe was my eerste, en my kontrak met die uitgewers strek tot en met 2024 se uitgawe. Ek beskou dit as ’n groot eer om die skrywer van dié tradisieryke dagboek te mag wees. Dit is besonder harde werk, maar uiteindelik ook baie bevredigend.” 

Barend is ook bekend vir sy humoristiese vertellings uit die lewe van ’n dominee in ’n plattelandse gemeente wat al sedert Junie 2000 in die tydskrif LiG verskyn. Dié sogenaamde “Grootseunbriewe” is met verloop van tyd ook in ses bundels vervat. “Ek was bevoorreg dat die nou ontslape Fred Mouton, dié vertellings geïllustreer het, in LiG sowel as in die ses bundels.”

Daar het met verloop van tyd ook drie romans met die Bybel as grondslag uit sy pen verskyn: Eksodus, wat die verhaal van Israel se uittog uit Egipte vertel (2001); Kanaän, wat oor die intog in die Beloofde Land handel (2007); en die onlangse Rut & Boas, ’n liefdesverhaal (Mei 2022). Daar was intussen ook een sekulêre roman, ’n Dorp soos Silwer Streams.

Barend vertel hy is baie trots op die gebedeboek uit Psalms, Die Ewigheid in my Hart, wat in 2015 verskyn het en vier herdrukke beleef het. “Ek is nie seker nie, maar ek reken dit is die sukses van dié boek wat die uitgewers laat besluit het om Uit die Beek aan my toe te vertrou.” Tussen al die skrywery deur bestaan sy dae uit teksredigering wat hy vir ’n verskeidenheid publikasies doen, asook manuskripkeuring en ’n gereelde rubriek vir Volksblad.

 
Welverdiende toekennings

Elke toekenning beteken erkenning vir harde werk. Barend sê: “Die wete dat iemand anders jou skryfwerk gelees het en dit die moeite werd geag het om dit te bekroon, is sonder twyfel baie spesiaal.”

Sy eerste Bybelse roman, Eksodus, is in 2002 met die CBSA-prys bekroon, en in 2003 ontvang hy die TM-prys vir kerklike joernalistiek. In 2015 word hy met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon vir een van sy Grootseunstories wat in LiG verskyn het, en in 2016 word die Andrew Murray-prys vir Die Ewigheid in my Hart aan hom toegeken. 

 
Só verloop Barend se lewe

Barend is op Prieska in die Noord-Kaap gebore en het in Walvisbaai in die destydse Suidwes-Afrika grootgeword. Ná matriek is hy na die Universiteit Stellenbosch waar hy ’n BA-graad verwerf het, later ook BTh, en toe MTh (Kliniese Pastoraat), asook sy doktorsgraad in 1994.

In 1988 is hy as leraar van die NG gemeente Warrenton in die Noord-Kaap bevestig. Barend en Retha is in 1985 in Stellenbosch getroud. Twee dogters is uit die huwelik gebore - Maria en Anja. Retha was ’n taalonderwyser by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Barend was meer as 30 jaar lank predikant op Warrenton en die buitepos-gemeente Windsorton. Hy moes in 2018 noodgedwonge vroeë pensioen aanvaar aangesien die gemeente nie meer ’n voltydse predikant kon bekostig nie. “Daarna het ons na Pearly Beach verhuis, en in hierdie stukkie paradys werk ek nou elke dag met woorde,” vertel hy. Hulle is voorwaar ‘n geseënde egpaar, met Barend wat die afgelope reeks Pinksterdienste in Gansbaai met ‘n eiesoortige benadering tot die oordra van die evangelieboodskap gelei het.

*Van Barend se boeke is by Gansbaai Book Exchange beskikbaar, asook by Fynbos-koffie en Geskenkwinkel.

 
Hardus Botha
Op die spoor van ‘n bekende en uitstaande skrywer: Barend Vos

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Sibongeleni CJ Mzimba has been part of the canoeing programme for 9 years.

Grootbos Foundation
You Don't Have to Keep Living This Way

You Don't Have to Keep Living This Way

Perhaps, over the past week, you have recognised yourself in these posts.

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

One of the greatest misconceptions about self-worth is that it only affects how we feel about ourselves.

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choosing the right paint is about more than colour, it's about durability, performance and long-lasting results.

When Anger Is Not the Problem

When Anger Is Not the Problem

Most people who struggle with anger are not naturally angry people.

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

It's the winter school holiday and Grootbos Foundation's coaches have changed gear to offer a daily holiday programme at Spaces4Sport. 

Grootbos Foundation
See All Articles