Blonde dogtertjie ná 22 jaar

Blonde dogtertjie ná 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Image

Blonde dogtertjie ná 22 jaar

‘n Drie-jarige blonde dogterjie is in 2001 deur Johan Pieterse van Jo-Signs afgeneem en in sy uitgestal. Dit is later deur Re/Max Eiendomme in Gansbaai in ‘n advertensie gebruik: “If you want to sell your house in 20 years...talk to me. If you want to sell it now...talk to my mom and dad.”

Hierdie wyse dogtertjie se familie is deur die destydse joernalis in Gansbaai opgespoor - 16 jaar later! Sy was Nadiah van der Merwe, ‘n pragtige 21-jarige dame en ‘n finale jaar student aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, met ‘n ‘ou’ belofte aan haarself om ‘n Honneursgraad te verwerf. Haar trotse ouma in De Kelders is Dinah Germishuys. Ouma Dinah het Gans-Berg Nuus se joernalis onlangs gekontak en trots gesê: “Daardie drie-jarige dogtertjie wat jy destyds opgespoor het, het verlede jaar haar Honneursgraad verwerf!” Dinah vertel egter dat sy nie net op Nadiah trots is nie , maar ook op haarself. Sy het intussen oumagrootjie geword.

Gans-Berg Nuus het weer met Nadiah kontak gemaak. Intussen het Nadiah toe verlede jaar wel haar ‘self-beloofde’ Honneursgraad in Internasionale Handel verwerf - ‘n belofte van ‘n paar jaar gelede. Tans werk Nadiah by Cargo Compass in hulle Lugvrag Invoer Department.

In die proses om Nadiah weer op te spoor, antwoord haar suster, Linda die foon: “Ek hoor oom is weer op soek na Nadiah, maar ek wil graag vir oom sê sy het ‘n suster ook en dit is nou ekke,” het Linda spontaan gesê. Nou-ja, met so ‘n mooi stem oor die foon, met ‘n stukkie ‘verwyt’ daarin opgesluit, moes die joernalis met Linda ook gesels! 

Linda het na skool besluit om oorsee te gaan ‘explore’, soos sy dit stel. Sy het in Amsterdam gewoon waar sy vir ‘n familie ‘au pair’ het. “Met my baie toere in Nederland het ek die taal goed onder die knie gekry en sommer gevoel hoe dit is om in ‘n Eerste Wêreld te bly,” het sy vertel. “Verlede jaar het ek my spaargeld gebruik om Griekeland, Ibiza, Marbella, Duitsland, Rome en Parys te besoek.” Tans is Linda besig met studies terwyl sy in Johannesburg by ‘n familie ‘au pair’.

Die twee susters is soos Vinkel en Koljander en baie lief vir mekaar en woon saam in ‘n woonstel in Johannesburg. “Ons geniet dit om saam nuwe plekke te ontdek, spandeer graag tyd saam met vriende en oor naweke braai ons soveel as moontlik,” vertel Linda. Die twee beplan ook om volgende jaar saam na België te gaan. “Dan is altwee van ons ook baie, baie lief vir ons ouma Dinah Germishuys in De Kelders.”

Nou-ja, die wêreld kan maar klein wees, so sê die spreekwoord. Gans-Berg Nuus wens die twee susters alles van die beste toe. Baie geluk ook aan ouma Dinah, De kelders se trotse ouma-grootjie!

 
Hardus Botha
Blonde dogtertjie ná 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles