Legende onder ons Hengelaars

Legende onder ons Hengelaars

Gans-Berg Nuus / News

Legende onder ons Hengelaars

-Rick Kuises (26 September 1955 - 06 Augustus 2022)-

“Rick Kuises was vir ons ‘n vriend, afrigter, oppervisser en skipper,” het Walter Mapham van die Walker Bay Boothengelklub in Hermanus gesê. Walter, wat ook ‘n lid van die Birkenhead Boothengelklub is, het ‘n interne kursus vir die maak van knope in die Birkenhead Bootklubsaal saam met hengelaars bygewoon - ‘n kursus wat spontaan en op eie inisiatief deur Rick aangebied is. Rick, bekend vir sy vriendeklikheid en beleefdheid, het die kursus ‘n maand of twee voor sy afsterwe op 6 Augustus 2022 aangebied. 

Van die knope (alfabeties) wat Rick die hengelaars geleer het om te maak, is: Albright, Albright Special, Bimini Twist, Blood, Double Albright, Double Uni, Figure Eight, Hangmans, Scaffold, Surgeon’s en Uni. Die kursus is allerweë met groot verwagtinge bygewoon en niemand was teleurgesteld nie - “Ek het nie eers van sommige van hierdie knope en die name daarvan geweet nie en ek vang al baie jare vis,” het een van die groep aan Gans-Berg Nuus gesê.

Indien Rick kon voortgaan met die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisies, was hy stewig op pad na óf Bootkampioen énóf Visvangkampioen vir 2022. Selfs na die onlangse boothengelkompetisie van 17 September 2022, was hy steeds 2de Bootkampioen en 3de Visvangkampioen op die lys met uitslae - dít terwyl sy puntestand tot stilstand gekom het ná sy afsterwe. Voorwaar ‘n boothengelaar wat nog lank onthou sal word, ook deur die Overberg Boothengelklub waar hy ook ‘n lid was. Rick was ook ‘n getroue en gesellige ondersteuner van die Birkenhead Boothengelklub se Woensdagaande se braai. 

Dit is algemeen bekend dat Rick ‘n internasionale sakeman in die uitvoerbedryf was, maar sy grootste liefde was die see en om boothengel met sy ski-boot, @Work, voluit uit te leef én te geniet. Sy onverwagse afsterwe het ‘n baie groot leemte onder Gansbaai se sport-hengelaars gelaat. 

Wanneer foto’s van mooi visse wat Rick gevang het, op die WhatsApp-groep geplaas word, is Rick gereeld deur Gans-Berg Nuus se joernalis geskakel: “Mag ek maar jou foto’s gebruik, Rick?” Die antwoord was altyd ‘n vriendelike “Ja, Hardus!” Op ‘n dag was sy antwoord: “Nee-wat, dis nie nodig om te skakel nie, gebruik dit net!”

Image 1
Rick Kuises, 2de van links, is besig met ‘n ‘knope-maak-kursus’ in die Birkenhead Boothengelklub se saal.
Image 2
Rick Kuises (links) en Walter Mapham van Walkerbay Boothengelklub tydens die ‘knope-maak-kursus’.
Image 1
Miems Burger en Rick Kuises na afloop van ‘n onlangse kompetisie.
Image 2
‘n Trotse aandenking vir Walter Mapham - een van Rick Kuises se perfekte knope.
 
Hardus Botha
 
Legende onder ons Hengelaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles