Eksklusiewe reeks oor ons Geografiese Wonders

Eksklusiewe reeks oor ons Geografiese Wonders

Gans-Berg Nuus / News

Eksklusiewe reeks oor ons Geografiese Wonders

-Mike Dormer van Franskraal-

Mike Dormer van Franskraal en sy eggenote, Elaine het die onlangse Sunset Walk van Gansbaai Toerisme meegemaak. Hy is vooraf deur Glenda Kittley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme) versoek om sy fenominale kennis oor geologie (rotsformasies en dies meer) met die groep tydens die stap te deel. (Sien berig: Sunset Walk uitstekend ondersteun op bladsy ??)

Na afloop van die Sunset Walk is Mike deur Gans-Berg Nuus genader vir ‘n media-onderhoud, waartoe hy ingestem het. Tydens die onderhoud het hy met fenominale geologie-inligting vorendag gekom. Dit het aanleiding gegee tot die versoek dat hy behulpsaam moet wees met ‘n reeks van geologie-berigte, waartoe hy ook ingestem het. Selfs lesers met weinig kennis van geologie, maar wel ‘n belangstelling daarin, sal die reeks baie interessant vind en beslis met ander oë om hulle kyk wanneer hulle weer kuslangs stap.

Image 1
Mike en Elaine Dormer, saam met Glenda Kitley, middel. (Sunset Walk)
Image 2
Mike Dormer (middel) besig met ‘n verduideliking oor De Kelders se rotsformasies. (Sunset Walk)
 
’n Goeie voorbeeld is die gebarste rotsbanke (sien foto) by Die Plaat. Mike sê dit is te wyte aan die volgende:
Image 1
Image 2

“The undermining of the cliff face by the sea. This happens more rapidly in times of stormy seas. The base of the cliff is eroded and the overhang then falls into the sea. One wave too many, or the weight of one person can be the hair which breaks the Camel’s back and thousands of tons of semi-consolidated dune material will go crashing down to the sea below. More rarely, there is a form of liquefaction of the sand at the base of the cliff, something like a ‘quicksand’ effect, where the base of the cliff sinks away and the rest topples over. However, I don’t think this is the case at The Plaat.”

Mike vertel dat sy pa by die mynbou betrokke was en dat hy maar oral saamgetrek het. Later het aardverskuiwingstoerusting deel van Mike se beroep geword, waar hy by verskeie myne gewerk het. “Ongeag my in-diepte kennis van geologie en intense belangstelling daarin, beskik ek nie oor kwalifikasies op hierdie beroepsvlak nie,” vertel Mike. Luister ‘n mens verder na hom, is hierdie ‘n uiters beskeie stelling. Onder andere was hy voorheen ‘n lid van die Geological Society of South Africa, asook van FOSAGAMS (Federation of South Africa Gems and Minerals Society).

Tans in hy ‘n lid van die Overberg Geoscientists Group in Hermanus. Die groep bestaan uit sowat 64 plaaslike lede en sowat 120 internasionele lede. Hulle is besig met die volgende projekte, plus nog heelwat geïdentifiseerde projekte wat in die toekoms aangepak gaan word, soos onder andere:

Gansbaai Earth age display and rock garden; Hermanus cliff walk guide booklet; Hemel en Aarde Valley wine terroir guide booklet; Pebbles school support; Hamilton Russel Pre-school support; Dinosaur play park; HPG geo trail and rock garden; Clarence self-drive guide booklet; Bettys Bay self-guide booklet; Hermanus water trail and hydrology self-guide booklet; Weekly Zoom meetings of Geological interest and placing them on YouTube for the general public to follow.

“Ons wil graag belangstelling in geologie by mense kweek, maar veral by jongmense om dit as ‘n beroep te oorweeg,” sê Mike. “Kundige geoloë in ons land is baie skaars, terwyl Suid-Afrika inderwaarheid ‘n skatkis vir geoloë is.” Hy sê, volgens Paul Miller (‘n mynwese-deskundige) is daar tans ±5 000 aansoeke vir prospekteer- en mynregte wat by die DRME lê. Die potensiaal vir ontginning is dus daar vir mynwese om op groot skaal te kan voortgaan - daarvoor word onder andere jong gekwalifiseerde geoloë benodig.

Ons lesers kan ongetwyfeld uitsien na ‘n baie interessante reeks - ons is baie lief vir ons fynbos en mariene lewe, maar kyk soms verby die geologiese ‘wonders’ reg onder ons neuse. In die reeks gaan Mike ons lesers hieromtrent inlig met eenvoudige, maar interessante verduidelikings. Die omgewing se leerders kan gerus ook aandag aan die reeks gee met die oog op moontlike skoolopdragte, asook gereelde wenke rakende rotsformasies en ander geologiese aspekte wat geplaas sal word.

 
Hardus Botha
Eksklusiewe reeks oor ons Geografiese Wonders

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles