Blog

Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

Gans-Berg Nuus / News

Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

-Elsa is toe...Skoolhoof Jonathan Doyle-

Laerskool Gansbaai se konsert, Elsa on the Run, is verlede week goed deur die onderskeie gehore ontvang en was ongetwyfeld ‘n baie groot sukses. Maandag, 26 September 2022 is ‘n spesiale en gratis vertoning aan die inwoners van die onderskeie Tehuise vir Bejaardes aangebied, wat terdeë deur hulle geniet en waardeer is - sekerlik met verlange na hul eie skoolkonserte van ‘many moons ago’! Die Gala-aand, ingesluit ‘n smaaklike ete, het uiters gesellig verloop, met luide applous vir die toneelspelers, gepaardgaande met flitsende kameras.

Die hoofkarakters tussen elke toneel, het die gehoor se harte gesteel. Anna (Riané Uys) het bekommerd na haar suster, Elsa, gesoek. Die terggees, Balloo (Ciske Kok) en die pierewaaier, Woody (Arnold Swart) het ewe hard help soek. Links op die verhoog het die pragtige Ursula (Bronwen Casteling) met haar tentakels ‘n wakende ogie oor alles gehou. Regs het die meermin-skoonheid, Ariel (Anje Walker) gesit.

Die eintlike ‘hoofkarakter’, Elsa, is nóóit gesien nie, hoe dan anders, ‘sy’ was mos ‘on the run’. Toe ‘sy’ uiteindelik teen die einde van die konsert gevind word, het ‘sy’ probeer om met die ‘fynste’ ou treetjies (ietwat wankelrig op die hoë hakke!) die verhoog te betree. Julle sal nie glo wie Elsa toe is nie - Skoolhoof Jonathan Doyle! In die rol van Elsa was hy uiters netjies geklee in ‘n ‘boutique’-uitrusting en gegrimmeer soos ‘n wafferse model, met die gehoor wat heerlik oor ‘Elsa’ se verskyning geskaterlag het! Nog meer verrassend, daar hanteer ‘Elsa’ toe sommer ook die bedankings en afsluiting van die prestige Gala-aand.

Wat treffend was van die konsert, is dat elke graad op die verhoog kon optree - met die dames- en manspersoneel wat nie uitgesluit is nie - bravo aan die leerders én personeellede én ouers wat almal betrokke was met die voorbereiding van die konsert. Temas wat gebruik is, is The Jungle Book, The Lion King, Toy Story, Madagaskar, The Little Mermaid, Shrek, Sonic, Shake it Off, Cars, Dance MonkeyTroll’s (damespersoneel), Moana, Sky full of Stars, Zootopia en Frozen (manspersoneel).

Lorraine Kok het die konsert geskryf en die hoofkarakters afgerig - met vele hande en harde werkers (onderwysers en ouers!) wat vir die dekor, musiek, beligting, organisering, Gala-aand-ete en veel meer gesorg het.

 
Hardus Botha
 
Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles