Nasionale Onderwystoekennings

Nasionale Onderwystoekennings

Gansbaai Courant

Vlnr is Pikkie en Alana Louw (Distrikswenner) saam met Kobus en Marlene Koekemoer (Sertifikaat) tydens die prestige-aand waartydens Alana haar toekenning ontvang het

Alana Louw van Laerskool Gansbaai is as wenner in die kategorie “Excellence in Primary School Teaching” vir “Uitnemendheid op die terrein van primêre skoolonderwys” aangewys. Sy gaan dus die Overberg Distrik by die Wes-Kaapse toekenningsgeleentheid verteenwoordig.


Alana Louw met haar trofee en geraamde sertifikaat wat sy as Distrikswenner vir “Uitnemendheid op die terrein van primêre skoolonderwys” ontvang het


Alana was een van 5 dames wat in hierdie afdeling genomineer is. Elf skole, waarvan Laerskool Gansbaai een is, het aan die “National Teachers Awards 2013” deelgeneem. Opvoeders is genomineer om deur ‘n paneel geëva-lueer te word. Die wenners van die onderskeie kate-gorieë gaan nou teen ander wenners uit die Wes-Kaap deelneem en daardie wen-ner sal die Wes-Kaap by die Nasionale toekennings-geleentheid verteenwoor-dig. Alana het haar pragtige trofee en geraamde serti-fikaat tydens ‘n gala-geleentheid op Donderdag, 5 September 2013 in Napier in ontvangs geneem. Sy het ook ‘n koopbewys van R3,000 daarmee saam ontvang, terwyl Laerskool Gansbaai ‘n prys van R5,000 en ‘n geraamde sertifikaat ontvang het, wat aan die skoolhoof, mnr Eben van der Merwe oorhandig is. Marlene Koekemoer, ook van Laerskool Gansbaai, het ‘n sertifikaat vir haar deelname as vakbondverteenwoordiger op die paneel van beoordelaars ontvang.

“Met hierdie besonderse prestasie dring Alana nou as Streeksfinalis deur na die volgende rondte en Laerskool Gansbaai is besonder trots op haar prestasie en wens haar sterkte toe vir die res van die proses,” het mnr van der Merwe gesê.

Hardus Botha
(Foto’s deur Ora Laubscher van Suidernuus) 

Nasionale Onderwystoekennings

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles