Sing it Liriekskryfkompetisie

Sing it Liriekskryfkompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sanlam en LitNet het pas die derde Sing ’it-liriekskryfkompetisie van stapel gestuur. Die kompetisie nooi Suid-Afrikaners van 18 jaar en ouer met ’n passie vir liedjies skryf om hulle lirieke in te stuur in ’n poging om R50 000 te wen! Verder sal liriekskrywers die geleentheid kry om dalk te sien hoe hulle lirieke in ‘n lied verwerk word, asook in ‘n musiekvideo wat uitsluitlik op MTV bekendgestel sal word.

Die kompetisie is ‘n vennootskap tussen die hoofborg, Sanlam, die organiseerders, LitNet, en die mediavennoot MTV (DStv kanaal 130). Daar is vanjaar vier top plaaslike kunstenaars/groepe wat die lirieke sal beoordeel, en elkeen sal musiek skryf vir een liriek wat hulle kies.  Vanjaar se deelnemende kunstenaars is: Blackbyrd, Straatligkinders, The Soil en Aka. Weens die vennootskap tussen Sing 'it en MTV sal dit die eerste keer in Suid-Afrika wees dat plaaslike kunstenaars die kuns van liriekskryf bevorder deur insetsels wat daagliks op MTV se Suid-Afrikaanse kanaal uitgesaai sal word.

"Omdat MTV ’n al hoe groter fokus op eietydse plaaslike musikante en repertoire wil laat val, is ons verheug om in vennootskap met Sanlam te tree in hierdie opwindende projek wat jongmense aanmoedig om hulle liriekskryfvermoëns te ontwikkel terwyl ons hulle met van Suid-Afrika se uitstekendste musiektalent in verbinding bring," het Alex Okosi, senior visepresident en besturende direkteur van Viacom International Media Networks Africa, opgemerk. Die kompetisie is meer as net ’n geleentheid vir amateur-liriekskrywers om hulle werk ten toon te stel – Sanlam Sing 'it se oogmerk is om ’n proses te fasiliteer waardeur liriekskrywers deel van die groter Suid-Afrikaanse musiekbedryf kan word. As organiseerders van die kompetisie en een van Suid-Afrika se voorste aanlyn  gemeenskappe is dit LitNet se oogmerk om aan Suid-Afrikaanse musiekkultuur ‘n stem te gee deur aan skrywers ‘n geleentheid te bied om hulle woorde waarlik te laat leef. Die kompetisie is een van Sanlam se baie projekte wat ’n platform skep vir plaaslike talent om ten toon gestel te word. “Sanlam was nog altyd ’n maatskappy wat hom daarop roem dat hy plaaslike talent ondersteun; vandaar ons borgskap van verskeie kultuurinisiatiewe,” het André Kearns, borgskapbestuurder by Sanlam, gesê. "Ons sien uit na nóg ’n suksesvolle jaar en na ’n paar unieke samewerkings tussen hierdie passievolle liriekskrywers en die deelnemende kunstenaars," sê LitNet se Sing 'it-projekbestuurder, Chrizane van Zyl.  Hoe om in te skryf : Om jou lirieke in te stuur, besoek www.singit.co.za of Sanlam Sing 'it se Facebook-blad: www.facebook.com/singit.co.za. Jy kan ook inskryf deur jou lirieke te e-pos aan singit@litnet.co.za.

Inskrywings sluit 30 September 2013. Finaliste word in November aangekondig. Hou MTV en Sanlam Sing 'it se webtuiste en Facebook-blad dop om vir jou gunsteling-liedjie te stem en dit af te laai. Let daarop dat bepalings en voorwaardes geld. Sanlam Sing 'it-kontakbesonderhede: Facebook: www.facebook.com/singit.co.za Twitter: @singitSA          Webtuiste: www.singit.co.za

Sing it Liriekskryfkompetisie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles