Skoenbokse vol Vreugde

Skoenbokse vol Vreugde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Santa Shoebox Project het nou verteenwoordigers in Gansbaai ook en die aflaaidatums vir vanjaar se geskenke is vir 25 en 26 Oktober by die Pretoriussaal geskeduleer,” sê Lucille Mangiagalli, Gansbaai se koördineerder van die projek. Die Santa Shoebox Project bring jaarliks derduisende mense bymekaar met die gesamentlike doel om deur die skenking van ‘skoenbokse vol vreugde’ oor die Kerstyd, die lewens van minder bevoorregte kinders te verryk. Die projek is reeds in sy 7de jaar en met vanjaar se tema van ‘Reik uit na die Plattelandse Kind’, word daar beoog om die projek verder uit te brei na behoeftige plattelandse gemeenskappe. Hulle mikpunt van sowat 100,000 skoendose met geskenke is in 2012 bereik, wat ook 2013 se mikpunt is, maar vir plattelandse dorpe.

Die projek is ‘n inisiatief van die Kidz2Kidz-trust, 'n geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO 930.031.301) en ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO 102-098) met artikel 18A status. Alle belangstellendes word uitgenooi om aan hierdie projek, wat ‘n mens se hartsnare roer, deel te neem. Wat die projek uitsonderlik maak, is dat elke skenker die naam, ouderdom, en geslag van die kind ken vir wie die geskenk gekoop word. Gesinne in geheel kan dus saam-saam ‘n kleinding se naam op die webtuiste kies, die geskenk koop en hul skoenboks self versier. Die bokse word dan volgepak met noodsaaklikhede soos ‘n waslap, seep en tandeborsel, en dan ook ‘n lekker speelding en ‘n uitrusting, soetgoed en meer, voordat dit ingehandig word. Die projek se koördineerder in Hermanus is Wendie Clearly en sy kan by 082-923-9932 gekontak word. Navrae kan ook aan info@santashoebox.co.za ge-epos word, of besoek hulle webtuiste by www.santashoebox.co.za. Belangstellende Gansbaaiers kan vir Lucille Mangiagalli by 028-384-0973 of 074-181-1514 of stuur ‘n e-pos aan haar by lucille.m@vodamail.co.za. Onthou die aflaaidatum van “Skoenbokse vol Vreugde” op 25 en 26 Oktober in die Pretoriussaal. (Bron: Santa Shoebox Project - Mediaverklaring)

Hardus Botha

Skoenbokse vol Vreugde

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles