‘n Deel van die VGL Vrouediens se dames wat ‘n karwasprojek aangepak het, met een van die blink-opgevryfde motors links van hulle
Dit was behoorlik “Karwas vir Afrika” met die VGK-gemeente se Vrouediens wat onlangs ‘n karwasdag op die Kerkgronde in Blompark gereël het. Die vroue het gewys hulle is nie bang vir fisiese werk nie en die seep en water het gespat soos wat motors gewas is - en behoorlik “stinkblink” opgevryf is. Die doel van die projek was om fondse vir die VGK Vrouediens in te samel en hulle is dit eens dat hulle goed ondersteun is.
Hardus Botha