Lente Hoededag

Lente Hoededag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Uit en uit kreatiewe skeppings vir hoede

“Wat sê die liedjie - ‘Dis heerlike lente, die winter is verby’, maar ons wintertjie is maar nog in die lug,” sê Marietjie Gerber van die NG Vrouediens van Pearly Beach. “Maar weer eens het die Vrouediens van die NG Kerk Pearly Beach vir ‘n warm en gesellige Lente-oggend op 10 September gesorg.” Die byeenkoms is in die Pearly Shells Gastehuis te Pearly Beach aangebied, en niemand is deur die wind en ligte reentjie afgeskrik nie.

Mooi, elegante en kreatiewe hoede

Dit was ‘n Lente-Hoededag en die dames het hul hoofde met die mees interessantste hoede getooi, vanaf elegant en mooi tot by uiters kreatiewe skeppings. “Almal was vrolik, het gelag en grappies gemaak en dit was sommer ‘n baie gesellige en ontspanne oggend,” sê Marietjie. Die gasspreker was pastoor Berryl Coetzer, “met ‘n boodskap wat vir ons almal iets beteken het, al was dit hoe klein of groot - daar was vir ons elkeen ‘n boodskap wat ons saam met ons op die pad vorentoe kan dra en aan kan dink.”

Die wen-hoed van Ellan Erasmus

Past Coetzer se tema was ‘God droom oor jou’. “Het julle geweet dat God sy droom in elkeen van ons geplaas het? Moenie bang wees om God se droom te volg nie en moenie jou eie droom volg nie. Soms verstaan ons nie God se droom nie, maar sy droom is uniek en dis vir jou en daar was soveel vrede en kalmte en liefde in sy Hart vir jou as vrou,” het sy onder andere gesê. Ellan Erasmus van Pearly Beach is as wenner met die mees oorspronklike en kreatiewe hoed aangewys. Marietjie sê Ellan se hoed het uit ‘n lampskerm bestaan, geplak met ‘n ou ‘primus’-stofie se gaatjie-stekers, met ‘n ‘doily’ wat getooi was met kleurvolle gehekelde blommetjies en lavender uit haar tuin. “Nou ja, die oggend het gesellig verloop, met al die dames wat dit terdeë geniet het en ek sê graag baie dankie aan almal wat bygedra het dat die oggend so mooi en gesellig verloop het,” sê Marietjie.

Hardus Botha


Die gasspreker, past Berryl Coetzer staan links voor met haar hoed

Lente Hoededag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles