Blog

Bietoubossers se Lentepret

Bietoubossers se Lentepret

Gans-Berg Nuus / News

Bietoubossers se Lentepret

Die Bietoubos Damesklub kom al ‘n baie ver paadjie in Gansbaai, met vele sielsverkwikkende en gesellige maandelikse byeenkomste - en dit geld vir getroudes, weduwees, enkellopendes en eensames. Met elke byeenkoms word iets nuuts uitgedink en aan kreatiwieteit was daar nog nooit enige tekort onder hierdie span dames nie.

Hulle onlangse byeenkoms was pure lente en lente-geure. Die prag-versierde tafels was getooi met kleurvolle ‘satynrose’ - só eg dat sommiges daaraan gaan ruik het, net om dan agter te kom dat dit handgemaak is. Gelukkig het vars kappertjies uit Aletta Löchner se tuin die rose-rangskikkings op die tafels omring. Die tafel wat gewoonlik so half eenkant staan, is natuurlik altyd die fokuspunt wanneer aanbiedinge afgehandel is - hoe dan nou anders, die mees verleidelikste eetgoedjies is gewoonlik daar uitgestal - in hierdie geval was dit vars vrugteslaai en egte roomys. 

Aletta Lóchner en Marie de Jager en hulle span wat vir die byeenkoms verantwoordelik was, het met ‘n pure lente-tema weggespring: die dames moes met mimieke spesifieke Afrikaanse liedjies demonstreer - gepaardgaande met skaterlag oor al die sirkus-mannewales wat aangevang is, veral as die res nie kan agterkom wat die liedjie se naam is nie. Die begeleier was niemand anders nie as Pikkie Louw, die NGK se orrelis - die enigste doring tussen die klomp rose, maar hy het die groep dames met absolute deernis hanteer. Die dames wat sommer vinnig-vinnig kon raai watter liedjie word voorgestel, is met ‘n lekkertjie as prys vergoed.

Die liedjies wat gebruik is vir die mimiek-vertonings, is Die trein na Matjiesfontein (Anita Botha), Sing jy van blomme of sing jy van geld (Marie de Jager), Ek verlang na jou (Glauda Andrews), Bootjie na Kammaland (Aletta Löchner), My Oom se motor is ‘n ou masjien (Leonie Botha) en Oom Jan sny koring op die land (al die aanbieders). Te oordeel aan hierdie liedjie-name, kan mens jou net voorstel watse mannewales uitgevoer moes word om almal te laat raai oor die liedjies se name - sirkusposte sou maklik gevul kan word.

Na al die geskaterlag vir die kostelike bewegings om die liedjies te demonsteer, is daar heerlik saamgekuier en geklets dat Gansbaai se berg antwoord gegee het. Belangstellendes in die Bietoubos Damesklub kan gerus vir Elizma de Lange by 082 511 2743 skakel. 

Image 1
Pikkie Louw, Marie de Jager en Aletta Löchner.
Image 2
Hierdie dames was verantwoordelik vir die Lentedag-vieringe.
 
Hardus Botha
 
Bietoubossers se Lentepret

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles