Gesellige Mini-basaars

Gesellige Mini-basaars

Gans-Berg Nuus / News

Gesellige Mini-basaars

Die onlangse twee Mini-basaars het baie gesellig en suksesvol verloop - met welkome fondse om aan die onderskeie behoeftes te voldoen.

 
Deernisfonds Mini-basaar

Die Deernisfonds se mini-basaar het ten doel gehad om broodnodige fondse vir inwoners van Herberg aan See te bekom.  Dit word vir ‘n vaste belegging gebruik.  Die rente daarop word spesifiek vir SASA Pensioenarisse benut om hulle op ‘n menswaardige wyse te kan versorg.

 
Plaaswerkers Mini-basaar

Die plaaswerkers in die omgewing van Baardskeerdersbos het eweneens ‘n gesellige mini-basaar gehad.  Die basaar is deur die NG-gemeente se Missionale Bediening aangebied.  Basaaritems en smaaklike eetgoed kon teen bekostigbare pryse deur die plaaswerkers gekoop word.  Van potjiekos, worsbroodrolletjies, slaptjips broodrolletjies, pannekoek en klere tot by ‘n mini-Wit-Olifanttafel en wat nie nog alles nie, is te koop aangebied.  Dit was net breë glimlagte waar mens kon sien wat die aanbieders se harte lekker laat klop het.  ‘n Baie spesiale dankie aan past Frikkie Zeelie en Bev Swart vir hulle welkome bydraes, asook dankie aan vele ander donateurs.

 
Hardus Botha
 
Gesellige Mini-basaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles