Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

Gans-Berg Nuus / News

Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

-‘Lighuis Drome’-

Die eerste en ook geskiedkundige Kultuuraand van Laerskool Gansbaai (LSG) op Vrydag, 21 Oktober 2022 het vir groot opwinding gesorg. Vroegaand is die Johan Smit Lokaal amptelik geopen (sien berig in hierdie uitgawe). Die hoogtepunt van die Kultuuraand was die aanbieding van ‘n luisterryke konsert, Lighuis Drome onder leiding van die organiseerders, Asanti Smit en Carla du Toit, in samewerking met Alana Louw. 

Met die inisiatief vir ‘n Kultuuraand in gedagte, het Carla en Asanti koppe bymekaar gesit en kon LSG se eerste Kultuuraand aangebied word. Lighuis Drome het ‘n pragtige en humoristiese storielyn gehad wat deur Carla en Leandie Du Val geskryf is. Die Senior- en Junior Skoolkore het onder klavierbegeleiding van Asanti opgetree, met Carla as die dirigent.

“Hierdie twee mammas het letterlik in ‘n week, met maksimum ‘n uur per dag as gevolg van die eksamens, die konsert se formaat uitgewerk, voorbereidings getref en die leerders vir hulle onderskeie rolle afgerig, maar hulle het hulself oortref,” het Alana gesê. Daarna het sy ‘n blyk van waardering aan hulle oorhandig. Die tafels is pragtig versier en het bygedra tot die gesellige atmosfeer in die saal - die tema moes iets van Lighuis Drome weerspieël. Lena Cilliers het die tafels beoordeel en die wenner was Jaunene Otto, tafel no 12 se gasvrou.

Die aand het afgeskop met die twee skoolkore, gevolg deur Eisteddfod Cum Laude gedigte en solo-sang items, asook ‘n duet. ‘n Gimnas, klaviersolo, dansitem en dromspelertjie, afgewissel met die koorsang van altwee die kore, het die aand verder ingekleur en vir ‘n interessante verskeidenheid gesorg. Die bekende Poco Musica Musiekskool van Asanti se leerders het gewys waartoe hulle met musiek-instrumente in staat is. Die aanbieders van die aand was Riané Uys en Arnold Swart, met die aankondiger as Isabella Nigrini, almal leerders van LSG.

Die aand is afgesluit deur nog twee opwindende eerstes vir die skool - Asanti se Poco Musica Musiekskool Orkes, bestaande uit 16 van Laerskool Gansbaai se leerders, het ‘When the saints go marching in’ gespeel (klaviere, klawerborde, blokfluite, kitaar, autoharp, glockenspiel en perkussie instrumente). Die hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld die massakoor van die skool wat Siyahamba in drie tale gesing het - die energie in die saal was tasbaar!

Bravo aan Asanti en Carla, asook alle ander rolspelers! Dit was beslis ‘n belegging in elke deelnemer en die gehoor se harte - ‘n besondere kultuur ervaring!

Image 1
Jonathan Doyle (skoolhoof) saam met Carla du Toit (links) en Asanti Smit.
Image 2
Senior Skoolkoor.
Image 3
Junior Skoolkoor.
Image 1
Poco Musica Musiekskool Orkes van Asanti Smit.
Image 2
Die twee hoof-rolspelers, Carla du Toit en Asanti Smit.
Image 3
Kay Sauls, Alana Louw en die wenner-gasvrou, Launene Otto.
 
Hardus Botha
 
Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles