Prag saal ingehuldig

Prag saal ingehuldig

Gansbaai Courant

Gansbaai Primêr Skoolsaal

 “Die leuse van Gansbaai Primêr, wat by die skoollied ingesluit is, ‘Kennis Beskerm’, is woorde wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie,” het die Superintendent-generaal: Wes-Kaapse Onderwys Departement, me Penny Vinjevold in haar toespraak tydens die amptelike opening van Gansbaai Primêr se skoolsaal, gesê. Die luukse skoolsaal van sowat R4,5m is op luisterryke wyse tydens ‘n prestige geleentheid op 3 September 2013 amptelik deur me Vinjevold geopen. Sowat 130 gaste het die geleentheid bygewoon, ingesluit verskeie hooggeplaastes vanuit Onderwyskringe, skoolhoofde van plaaslike en omliggende skole, asook Overstrand se Uitvoerende Burger- en Onderburgemeester. Van die sprekers was Tommy Volkwyn, Gansbaai Primêr se trotse skoohoof, Wendy Collyn, Kringbestuurder, Bertram Lorriston, Direkteur: Overberg Onderwysdistrik en Penny Vinjevold, Superintendent-generaal: Wes-Kaapse Onderwys Departement, wat ook die amptelike onthulling van die gedenkplaat waargeneem het. Me Collyn het Gansbaai Primêr as ‘n “Skool van Hoop” beskryf en ouers aangemoedig om dit as ‘n hulpbron te benut - ‘n voertuigmiddel tot sukses om uit armoede en werkloosheid te kom. Kort voor die onthulling van die gedenkplaat, het Ordonant Richard Dunsdon van die Anglikaanse Kerk, wat ook ‘n oud-leerder van Gansbaai Primêr is en eersdaags as priester ingestel sal word, die toewyding van die gebou waargeneem deur dit met water te besprinkel.

Gelukwense met die luukse saal, met Gregg Godhard as argitek, was aan die orde van die dag. Dit is 'n enorme saal met spasie vir minstens 600 mense en is toegerus met ‘n groot verhoog, kombuis, toiletgeriewe en 'n klank- en beligtingskamer en sal sonder twyfel baie vir die skool, asook die gemeenskap, in die toekoms beteken. Die absolute dissipline en stiptelikheid van die leerders wat opgetree het, asook dié wat in die gehoor gesit het, was opvallend. Die skoolkoor het hulself uitmuntend bewys met die sing van die Skoollied, die Volkslied (saam met die gehoor) en enkele ander liedere. Die Marimba-orkes, asook die blokfluitspelers het met hulle optredes getuig van deeglike en professionele opleiding en afrigting. Smaaklike verversings is na afloop van die uiters geslaagde en ge-ordende byeenkoms deur die gaste geniet.

In sy toespraak het die skoolhoof sedert 1 Julie 2010, Tommy Volkwyn onder andere na die lang en moeilike, maar dankbare pad verwys wat gestap is. “Verskeie fases is sedert 2010 nou agter die rug, met groot dankbaarheid teenoor alle betrokkenes. Eers was daar die Administrasiegebou met verwante kantore, daarna die vervanging van die klaskamers, met die skooltuine, terasse en speelgronde wat voltooi is. Nou is die finale droom verwesentlik - die pragtige skoolsaal wat vandag geopen is,” het Tommy gesê.     
           
Hardus Botha 

Prag saal ingehuldig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles