Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms op Dinsdagaand, 25 Oktober 2022 was ‘n besonderse sukses. “Ons Konstitusie bepaal dat ons minstens een blinde-wynproe per jaar moet aanbied,” het voorsitter Johan Pfister gesê. “Toe besluit ek vanaand is die aand vir ‘n blinde-wynproe!” Johan en sy eggenote, Riana, het die verskillende wynbottels in papier toegedraai en ook die verloop van die aand ‘fyn’ uitgewerk. Die verskeidenheid van kommentare met die proeëry om oor die spesifieke kultivars te besluit, het aanleiding tot ‘prettige’ resultate gegee.

Die verwelkomingswyn was ‘n MCC - Blanc de Blanc Brut van Darling. Die persentasies wat agter die kultivars aangebring is, dui op die beslissings van die gaste oor die wyne waarvan hulle die meeste gehou het. Die 4 witwyne, onderskeidelik van Swartland (22%), Paarl (23.70%), Robertson (37.14%) en Walkerbay (14.28%) was tot almal se verbasing al 4 Sauvignon Blanc kultivars, terwyl ‘n verskeidenheid van kultivars geraai is. Die 3 rooiwyne, onderskeidelik van Swartland (57%), Walkerbay (34%) en Robertson (5.70%). Ook hier is die meerderheid onkant gevang met Shiraz, Sira en nog ‘n Shiraz. Saam met die nagereg is ‘n spesiale en geurige Hanepoot, Rooi Muskadel van Darling, geniet.

Chris Pead met sy disse en Bruce Shambamuto, Maretha Cooper en ander kelners met hulle flink bediening, het beslis ook nie teleurgestel nie. Met Shitake & Herb Phyllo Parcel as voorgereg, Southern Fried Filled Chicken Leg en bykomstighede as hoofgereg en ‘n Caramel Layer Chocolate Coffee Mouse as nagereg, word beslis niks meer vir ‘n gesellige wynproe-aand benodig nie.

Johan en Riana het ook gereël vir geluktrekkings met wyn wat gewen is. Daarna het hy vir Clive Bailey na vore geroep om hom, as ‘n wynproeër, met ‘n bottel wyn te beloon vir sy kolhou (hole-in-one) wat hy onlangs op die gholfbaan geslaan het. ‘n Gas het gemeld dat die beskeie Johan self ook ‘n kolhou in ‘n vorige kompetisie geslaan het. Na die oorhandigings, is Oom Piet du Toit, wat kort voor die byeenkoms sy 80ste verjaarsdag gevier het, spesiaal gelukgewens.

Die lede en gaste was dit eens dat Johan en Riana ‘n groot pluimpie verdien vir die aanbieding wat hulle gereël het. Die aand is as insiggewend, gesellig, ontspanne en selfs prettig beskyf - “dankie aan ons voorsitter, Johan Pfister en sy eggenote, Riana, vir ‘n genoeglike aandjie.”

Image 1
Johan en Riana Pfister.
Image 2
Clive Bailey en Johan Pfister (Hole-in-Ones).
Image 3
Chris Pead, Bruce Shambamuto, Maretha Cooper en Johan Pfister.
 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles