Eileen’s Eet en Geniet

Eileen’s Eet en Geniet

Gans-Berg Nuus / News

Eileen’s Eet en Geniet

-Vir ‘n ‘groot’ ontbyt-

Eileen het skaars haar tweede verjaarsdag in die C-Siggebou gevier, of sy besluit om te verhuis as gevolg van onsekerhede rakende die gebou wat opgeduik het. Op 9 Augustus 2022 verhuis sy na die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat, met die amptelike opening op Saterdag, 29 Oktober 2022.

“Die amptelike opening was vir my ‘n groot sukses,” vertel Eileen. “Ek het my spesialiteit, ‘n behoorlike ontbyt, teen ‘n groot afslagprys aangebied.” Dit is egter nie al nie, sy het die middag afgesonder vir ‘n gesellige bring-en-braai. Sy het egter die braaivuur, slaaie en ander bykomstighede verskaf.

Dit was een groot geselligheid en Eileen sê sy was ‘volhuis’. DJ Kenzo, ‘n nuweling in Gansbaai, het homself uitstekend as die DJ van die dag gekwyt. Dit was hierdie jongman se eerste optrede in Gansbaai. Hy vertrou om bekendheid hier te verwerf en gereeld as ‘n DJ op te tree.

 
Die mens agter die disse

Eileen se eggenoot, Matkey is ‘n gebore Gansbaaier, maar Eileen is nou sowat 5 jaar in Gansbaai. “Ek het voorheen lank by Nadien Hickman van Fynbos Coffee Shoppe by die hawe gewerk,” vertel sy. “Dit is by haar waar ek my inspirasie vandaan gekry het om op my eie te gaan.” Sy sê haar spesialiteit is ‘n behoorlike ontbyt en daarop fokus sy voluit.

Eileen’s Eet en Geniet kan in die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat (tussen Mark- en Voortrekkerstrate) besoek word, of skakel haar gerus by 074 709 3395.

Image 1
Eileen en haar personeel.
Image 2
Eileen (links) op die openingsdag.
Image 1
DJ Kenzo wat die openingsdag opgekikker het.
Image 2
‘n ‘Groot’ ontbyt vir die openingsdag.
 
Hardus Botha
 
Eileen’s Eet en Geniet

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Keep Your Garden Green This Summer

Keep Your Garden Green This Summer

When was the last time you really took a look at your garden? Is it looking a bit dry and thirsty?

Eco-Flo Irrigation
Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.

Gans-Berg Nuus / News
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

See All Articles