Blog

Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

Gans-Berg Nuus / News

Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

‘Kom geniet ‘n heerlike aandmark op die rugbyveld saam met jou gesin’, het die uitnodiging gelui - en dít is presies wat op Vrydagaand, 4 November 2022 vanaf 18:00 plaasgevind het!

“Laerskool Gansbaai se Gansmark het vanselfprekend ten doel gehad om noodsaaklike fondse vir die skool in te samel,” het Jonathan Doyle, skoolhoof, gesê, “maar die belangrikste vir ons was die broodnodige onderlinge verhoudinge en samesyn tussen ons leerders, personeellede, ouers en veral die breër gemeenskap.”

Met Gans-Berg Nuus se aankoms by die aandmark (stiptelik om 18:00) moes daar vir parkering in die dwarsstrate gesoek word en die rugbyveld het soos Nuweland met ‘n rugbytoets gelyk. Dat dié besonderse aand ‘n reuse sukses was, is nie te betwyfel nie, ondanks ‘n aanvanklike ligte motreëntjie wat neergesif het. 

Die netbalbane het soos by ‘n mallemeule (merrygoround) gelyk - speletjies en nogmaals speletjies. Wat mooi hiervan was, is dat die leerders in beheer van sake was en self die verskeidenheid van speletjies aangebied het. Nader aan die paviljoen was dit nie veel rustiger as op die netbalbane nie - kosstalletjies wat die monde laat water het: ‘slap chips’, hamburgers, boereworsrolle en pannekoek. Voor ons by die soetgoed uitkom - raai wie staan en wors braai dat die sweet hom aftap? Einste meneer die skoolhoof, Jonathan! Vir die soettande was daar lekkers, spookasem, draairoomys, koek en ‘hot chocolate’. Die koffie en tee was vir die ‘grootmense’, maar met die deurstappery het dit gelyk asof hulle meer op die ander eetgoed fokus as op ‘oumens’ drinkgoed.

In die restaurant-gedeelte het die boere-orkes vir voetejeuk-musiek gesorg - wat ‘n plesier was dit nie om na hierdie talentvolle musiekante te luister nie. Die afgelope tyd se uitstekende inisiatiewe deur Jonathan en sy personeelkorps, dui net op een ding: absolute op-en-wakker en doelgerigte pogings om van Laerskool Gansbaai ‘n nog meer uitmuntende laerskool te maak waarop leerders, ouers en die gemeenskap net baie trots kan wees. Gans-Berg Nuus sê groot dankie aan ons onderwysers en wat hulle vir die leerders doen en beteken.

 
Hardus Botha
Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles