The Hunchback of Notre Dame

Die roman van Victor Hugo, The Hunchback of Notre Dame, is in 1831 in Frankryk gepubliseer, met die oorspronklike titel van Our Lady of Paris. In 1923 was die roman die mees suksesvolste “stilfilm” van Wallace Worsley in Amerika.

Nou het Overbergers die geleentheid om na Zorada Temmingh (onder) se orrel-improvisasie van die film in Hermanus te gaan luister. Tydens die 2006 KKNK in Oudtshoorn is die film as “Beste Produksie” genomineer, met Zorada wat ‘n spesiale toekenning vir haar vertolking daarvan ontvang het. Die orrel-improviasie van die film word môre-aand, Vrydag 20 September om 19:00 in die NG Kerk, Kerkstraat, Hermanus aangebied, met Zorada agter die indrukwekkende Kerkorrel van die gemeente. Kaartjies kan teen R70/persoon by die Kerkkantore te Hermanus gedurende kantoorure (08:00 - 15:00) gekoop word. Phil Pienaar kan vir navrae by 083-290-6910 of 028-314-1884 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by philpienaar@absamail.co.za. Vir kaartjies en besprekings kan Elmarie by 028-312-3904 geskakel word.

Hardus Botha