Mooi loop mooi vang

Mooi loop mooi vang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Niks te kla nie, dankie! Altans, nie wat vis betref nie. Dis nou Vrydag en daar word redelik snoek gevang. Heel paar geelbekke is al ingebring en roman is daar volop. Boonop byt die hotties nog goed, alhoewel hulle nie meer so groot is nie en groot PW’s is ook nie ongewoon nie. Die silwervisse is nie klein nie  --  maar ondermaat is volop. So tussenin is nog ander vis ook. En haaie, vir die wat dit soek. Waarvoor ‘n man wel mooi moet oppas is die weer. Dis nou weer iets wat die stokmanne nie baie sal bekommer nie en galjoen en steenbras word gevang.

Nou maar dan moet dit moes goed gaan. Seker nie só goed nie, maar dit help nogal om ‘n paar goedjies in gedagte te hou. Eerstens nie elke ou wat die dag besluit ek wil vandag gaan visvang en dan gaan lê hy sommer met sy boot “êrens in die see” gaan ‘n vis vang nie! Inteendeel! Dis ‘n storie om redelik seker te wees jy gaan suksesvol wees. Dis mos net wys om die hardebaarde te ken in die saak en by hulle te gaan kers opsteek. Versigtig, egter. Hierdie manne moet jy mooi benader  --  en dit help om vriendelik te wees. ‘n Visserman is mos maar ‘n visserman en moet nie verwag dat hy van ‘n kant af gaan uitpak nie. Selfs die manne met die lang stokke (en verál hulle) is maar baie versigtig om hulle geliefkoosde plekkies aan jou uit te wys. Spesifiek die dag as die vis die dag dáár is.

Die vrae wat iemand in hierdie posisie homself moet afvra is waar?, wanneer? en hoe? Waar byt die vis? Seker die belangrikste faktor. En dan, waar? Nou moet jy nog in gedagte hou hoe? En met hoe word bedoel watter gereedskap en watter aas of ase. Dan moet jy ook nog vasstel watter tegniek aangewend word. Dit word baie duidelik dat  hierdie aspek baie belangrik word die dag wannneer die ou langs jou die een vis na die ander uittrek en jy maar net kan toekyk So leer mens maar, hoewel almal die een of ander tyd sy beurt kry om toe te kyk en niks te vang nie, daarvan kan juis die ou met ondervinding getuig! So, vang hulle!

Groete Seemeeu

Mooi loop mooi vang

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles