Mooi loop mooi vang

Mooi loop mooi vang

Gansbaai Courant

Niks te kla nie, dankie! Altans, nie wat vis betref nie. Dis nou Vrydag en daar word redelik snoek gevang. Heel paar geelbekke is al ingebring en roman is daar volop. Boonop byt die hotties nog goed, alhoewel hulle nie meer so groot is nie en groot PW’s is ook nie ongewoon nie. Die silwervisse is nie klein nie  --  maar ondermaat is volop. So tussenin is nog ander vis ook. En haaie, vir die wat dit soek. Waarvoor ‘n man wel mooi moet oppas is die weer. Dis nou weer iets wat die stokmanne nie baie sal bekommer nie en galjoen en steenbras word gevang.

Nou maar dan moet dit moes goed gaan. Seker nie só goed nie, maar dit help nogal om ‘n paar goedjies in gedagte te hou. Eerstens nie elke ou wat die dag besluit ek wil vandag gaan visvang en dan gaan lê hy sommer met sy boot “êrens in die see” gaan ‘n vis vang nie! Inteendeel! Dis ‘n storie om redelik seker te wees jy gaan suksesvol wees. Dis mos net wys om die hardebaarde te ken in die saak en by hulle te gaan kers opsteek. Versigtig, egter. Hierdie manne moet jy mooi benader  --  en dit help om vriendelik te wees. ‘n Visserman is mos maar ‘n visserman en moet nie verwag dat hy van ‘n kant af gaan uitpak nie. Selfs die manne met die lang stokke (en verál hulle) is maar baie versigtig om hulle geliefkoosde plekkies aan jou uit te wys. Spesifiek die dag as die vis die dag dáár is.

Die vrae wat iemand in hierdie posisie homself moet afvra is waar?, wanneer? en hoe? Waar byt die vis? Seker die belangrikste faktor. En dan, waar? Nou moet jy nog in gedagte hou hoe? En met hoe word bedoel watter gereedskap en watter aas of ase. Dan moet jy ook nog vasstel watter tegniek aangewend word. Dit word baie duidelik dat  hierdie aspek baie belangrik word die dag wannneer die ou langs jou die een vis na die ander uittrek en jy maar net kan toekyk So leer mens maar, hoewel almal die een of ander tyd sy beurt kry om toe te kyk en niks te vang nie, daarvan kan juis die ou met ondervinding getuig! So, vang hulle!

Groete Seemeeu

Mooi loop mooi vang

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Have you noticed any peeling paint in your home? 

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Upgrade your space, one swatch at a time, with our Premium Satin Silk.

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Looking to tackle a paint project but not sure where to start?

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

Gans-Berg Nuus / News
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Creative Notions
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Bernina Overberg
See All Articles