Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Paul Dippenaar is as wenner van Academia se Gholfdag be-kroon. Hier oorhandig Julia Wilson, eggenote van Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson, die prys aan Paul, terwyl die Klubkaptein, Bev Swart, toekyk.

Jannie Brandt verjaar op die 22ste!  Veels geluk, Jannie – ons wens jou ‘n mooi jaar met goeie gesondheid toe.

Woensdag se Sloegterskompetisie was gewen deur Bobby Brandt met 39 punte, gevolg deur George Hunt 38, Rupert Roux 37, Bev Swart 37, John Thompson 36, Paul Dippenaar 36, Clive Bailey 35, Jakkie Beukes 34, Daniel vd Merwe 34, Daan Victor 34.  Naaste aan die penne was Bobby Brandt op no.2&11 en Charlie Bent op no 8&17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Jan le Roux no.11, Daniel vd Merwe no.8 en Clive Bailey no.15.

Vrydag was daar geen kompetisie nie as gevolg van die weer, en die ledetrekking is nie gewen nie en is oorgedra na volgende week.

Saterdag was die fondsinsamelingsdag vir Gansbaai Academia – die dag het goed afgeloop ongeag die koue, nat weer.  Die skool het ‘n heerlike ontbyt aangebied en die spelers bedank Academia se vlytige kokke vir die lekker ete. 

Die hoofborg vir die dag was Decor Paints en Andre Oosthuizen word bedank vir al die pryse.  Die formaat was ‘n Enkel Stableford, en die wenner was Paul Dippenaar met 43 punte, gevolg deur Daan Victor 40, A Arendse 37, Andre Oosthuizrn 37, Andre Gouws 36, Senekal Dreyer 36, Jakkie Beukes 34, George Hunt 34, Norman Philander 33, Bev Swart 33.  Naaste aan die penne was Barry Moody op no 2&11, Daniel vd Merwe op no 8&17 en Alwyn Geldenhuys op no 15.  Die langste dryf op no 18 was Daniel vd Merwe.  (Sien asb Hardus Botha se verslag en fotos elders in hierdie uitgawe.)

Uitklopkompetisies: Solly Wessels & Royce Woods klop vir Andre Roos & Jakkie Beukes in die finaal van die American Scramble.  Veels geluk!

Volgende Saterdag is dit die Fees van die Ganse Gholfdag en die formaat is ‘n 4BBB Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441  Leon Hattingh & Andre Roos

Gansbaai Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles