Was Jy Al Alleen Saam met God

Was Jy Al Alleen Saam met God

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees.” (Mar 6:32)

Was jy al ooit alleen met GOD? Dis ’n snaakse vraag, nê? 

Ons as mense wil nie alleen wees nie, ons is bang vir stilte en ons vlug weg van plekke wat eenkant en alleen is. Daarom vermy ons soms die alleentye saam met GOD. Ek praat nie van tye wanneer jy die Bybel lees of bid nie. Nee, alleentye wanneer jy met jou hele hart na GOD soek (Jer. 29:13)

JY HET ALLEENTYD MET GOD NODIG: Dis tyd wanneer jy kan vrae vra. As jy alleen met GOD is, leer jouself beter ken en ontdek jou eie hart. Dis verstommend hoe min ons in werklikheid van onsself weet. Ons moet ontslae raak van die idee dat ons onsself verstaan.

GOD is die enigste een wat ons verstaan. Dis ons trots wat ons verhinder om alleen in Sy teenwoordigheid te verkeer. Solank as wat ons nog te veel van onsself dink of te trots is, sal ons niks kan leer nie.

GOD HET ALLEENTYD MET JOU NODIG. Soms bring GOD alleentye saam met Hom deur lyding, hartseer, teleurstelling, siekte, gebroke verhoudings  en vriendskappe – dis wanneer ons heeltemal verslae en sprakeloos is – en nie eers in staat is om ‘n vraag te vra nie – dan begin Hy ons leer. Dis tye wanneer jy besef jy moet stilbly en jouself aan GOD oorgee sodat Sy liefde en krag deur jou kan spoel. Soos Jesus se dissipels kon hulle ook eers GOD se werking verstaan toe hulle met die Heilige Gees vervul is. “en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Joh 14:26)

In jou alleentyd met GOD is daar één saak wat Hy wil hê vir jou duidelik moet wees – jou verhouding met. Waar jy in jou alleentyd met Hom jouself beter leer ken, leer jy GOD beter ken in Sy alleentyd met jou! Die Heilige Gees wil hierdie nuwe mens wat jy reeds in Jesus is, al meer versterk en opbou sodat jy jouself en ander om jou tot seën sal wees. Die innerlike jy moet sterker word in die geloof en jou afhanklikheid van GOD se genade groter!

Begin om hierdie alleentye saam met GOD al meer in jou lewe op te soek. Dis nie altyd maklik om stil te word en te ervaar hoe Hy jou verander nie, maar hoe meer jy soos Jesus word,  hoe lekkerder word hierdie alleentye!

Was jy al vandag alleen saam met GOD?

Was Jy Al Alleen Saam met God

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles