100 Jaar vir NGK Stanford

100 Jaar vir NGK Stanford

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die NG-gemeente van Stanford vier vanjaar hulle 100ste bestaansjaar en as deel van hulle Eeufeesnaweek van 20-22 September 2013, is ‘n suksesvolle basaar, gesellige saamkuier van besoekers en gemeentelede, ‘n besoek aan die historiese begraafplaas, potjiekoskompetisie, orkeste en veel meer aangebied.

Die hoogtepunt van die naweek was weer eens die Sondag se Erediens in die kerkgebou wat op verruklike wyse met ‘n veldblomme- en fynbosuitstalling getooi is. Jaarliks is daar ‘n spesifieke tema wat rondom die kerkbanke volledig met blommeprag en bykomstighede uitgestal is, met nie minder nie as 26 “stoppunte”, elk met ‘n gepaste Bybelse uitbeelding.

Vanjaar se tema was: “Jesus Alleen!” - “Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!” (Luk 9:35b).

Enkele voorbeelde van hierdie “stoppunte” was: Jesus alleen is my rots, my leidsman, my sorg, my hulp, my redder, en veel meer, asook om ‘n Ligdraer, ‘n Saaier, ‘n Barmhartige Samaritaan en ‘n Visser van mense vir Hom te wees, met ‘n afsluiting van Jesus alleen skep ‘n verlange na sy Huis (Ps 84:2-4) en hy alleen is die Alfa en Omega (Openb 22:13). Die onderskeie afdelings is deur verskillende individue en gemeentes uitgebeeld, met Carol Lötter en Melody Schweyer as die organiseerders. Met die rustige besigtiging van die onderskeie uitbeeldings, moes die besoeker hom/haar telkens “losskeur” om na die volgende uitbeelding aan te beweeg. Die Eerediens was baie spesiaal, met ds Neil Ollewagen van die gemeente se aanknopingspunt van “once upon a time…eendag, lank gelede…”, wat op die afgelope 100 jaar se “skryf van stories” heengewys het. “Maar vandag moet ons begin met die skryf van die volgende 100 jaar se storie wat op Jesus Alleen gebaseer moet wees,” het hy onder andere gesê, “en net soos wat God se Bybelse storie met ons in ‘n tuin begin het, so begin ons nuwe storie vir die toekoms vandag ook in ‘n tuin.”
Hardus Botha

100 Jaar vir NGK Stanford

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles