Geen einde aan Boetie koeke

Boetie (Gilbert) Hart se 15de verjaardagkoek vir 9 September aan Gansbaai Munisipaliteit

Die 15de verjaardag van Gansbaai Munisipaliteit is vanjaar weer deur Gilbert (Boetie) Hart onthou, soos elke jaar vir 15 jaar nou al die geval is. Vyftien jaar gelede, 9 September 1999, het die munisipale personeel by die bestaande gebou ingetrek. Sedertdien en sonder uitsondering, ontvang mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, jaarliks ‘n yslike 2-laag verjaardagkoek met Overstrand Munisipaliteit se embleem daarop, saam met Boetie se nota: “Baie geluk!” Vanjaar se “munisipale”-verjaardagkoek is weer deur Loraine de Wet gebak.  
                                                 
Hardus Botha