Natuur se Krag

Natuur se Krag

Gansbaai Courant

Die brute krag van die see soos by Gansbaai se hawemuur deur Hugh-Daniel Grobler vasgevang

Die krag van Moedernatuur (Forces of Nature) was die tema vir Gansbaai Fotografieklub se vorige byeenkoms. Etlike goeie foto’s deur klublede is besigtig en beoordeel. Met die onlangse hewige storms wat ervaar is, was die meerderheid van foto’s op die krag van seestorms gefokus. “Die foto’s wat aangebied is, was verskillend en baie oorspronklik en dit was duidelik dat die krag van die natuur hier reg rondom ons is en die aanbieding was vir ons ‘n goeie herinnering daaraan,” vertel Marc du Plessis, Aanbiedings- en Kompetisie beampte van die klub. Die wenners wat aangewys is , is Kobus van Staden met sy enorme golf en Hugh-Daniel Grobler met sy weergawe van die krag van die see by Gansbaai se hawemuur. Gansbaai Fotografieklub se volgende byeenkoms is vir Maandag, 7 Oktober om 18:30 te Kerkstraat 30 geskeduleer, met ‘n spreker wat nog bevestig sal word.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha


Die heftigheid van golwe, soos deur Kobus van Staden afgeneem

Natuur se Krag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles